Lek­ker geel­wor­tel vir vroue in pad­wed­lo­pe op spel

Beeld - - Sport -

Moe­nie ver­baas wees as die deel­ne­mers aan vol­gen­de week se To­tal­sports­vrou­e­wed­lo­pe in Jo­han­nes­burg en Kaap­stad soos wind­hon­de laat spaan­der nie.

Die or­ga­ni­seer­ders van dié wed­lo­pe sê as ’n deel­ne­mer die wed­lo­pe op Woens­dag 9 Au­gus­tus oor 10 km in min­der as 33 mi­nu­te kan af­lê, ver­dien sy ’n ek­stra R20 000.

“Die aan­moe­di­gings­prys is by­ko­mend tot die al­ge­he­le prys­geld van R41 200 per by­een­koms, met die wen­ner wat R10 000 sal ont­vang,” sê Mi­cha­el Mey­er, be­stu­ren­de di­rek­teur van S­til­l­wa­ter S­ports.

“Ons sien uit na op­win­den­de wed­lo­pe en vin­ni­ge tye.”

Chris­ti­ne Kal­mer, een van die land se voor­ste vrou­e­at­le­te, sê sy sien daar­na uit om in Jo­han­nes­burg saam met dui­sen­de vroue te hard­loop.

“Jy kan die pas­sie op so ’n dag voel,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.