Dit was a­ma­teur­ag­tig, sê Ric­ci­ar­do oor bot­sing

Beeld - - Sport -

Da­niel Ric­ci­ar­do het sy span­maat by Red Bull, Max Ver­stap­pen, oor die ko­le ge­haal vir “a­ma­teur”­be­stuurs­ver­nuf in eer­gis­ter se Hon­gaar­se Grand P­rix toe die Ne­der­land­se tie­ner (hy is 18) hom in die eer­ste rond­te uit die re­sies ge­stamp het.

Ric­ci­ar­do en Ver­stap­pen het saam in die der­de ry weg­ge­spring, maar die Belg het reeds by die twee­de draai teen Ric­ci­ar­do vas­ge­ry toe die Aus­sie voor hom was.

Die im­pak het Ric­ci­ar­do se mo­tor laat tol, die ver­koe­ler be­ska­dig en die kar ge­strand ge­laat.

“Dit was a­ma­teur­ag­tig om die min­ste te sê.

“Ek dink nie hy hou daar­van as ’n span­maat voor hom is nie,” het Ric­ci­ar­do ge­sê.

Hy het ge­sê die span sal din­ge tus­sen hom en Ver­stap­pen uit­sor­teer, maar het voor­ge­stel dat die tie­ner sy hou­ding ver­an­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.