Ve­gas her­win sy goeie peil; weer in Ka­na­de­se Ope

Beeld - - Sport -

J­ho­nat­tan Ve­gas het sy swak spel­peil van die af­ge­lo­pe jaar op be­slis­te wy­se op­sy ge­skuif toe hy eer­gis­ter sy ti­tel by die Ka­na­de­se Ope suk­ses­vol ver­de­dig het.

Ve­gas, wat van Ve­ne­zu­e­la af­koms­tig is, het nie die af­sny­punt in sy laas­te vyf toer­nooie in die PGA­gholf­reeks oor­leef nie en moes ’n val­byl­stryd trot­seer om die Ka­na­de­se Ope ’n twee­de keer te wen.

“Ek het hier­heen ge­kom met swak spel­peil, maar ek het my ys­ters ver­an­der.

“Dit het soos ’n droom ge­werk om my spel weer op die reg­te pad te kry,” het Ve­gas ge­sê.

Ve­gas het die A­me­ri­ka­ner C­har­ley Hoff­man met ’n vo­ël­tjie op die eer­ste put­jie van die val­byl­stryd ge­troef.

Dit was die der­de oor­win­ning van Ve­gas se loop­baan en sy eer­ste se­dert ver­le­de jaar se Ka­na­de­se Ope.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.