Seer bo­been hou Ru­disha uit Wê­reld­by­een­koms

Beeld - - Sport -

Die Wê­reld­at­le­tiek­by­een­koms is nóg ’n ster kwyt na­dat die Ke­ni­aan Da­vid Ru­disha hom weens ’n bo­been­be­se­ring ont­trek het.

Die by­een­koms be­gin Vry­dag in Lon­den.

Ru­disha is die wê­reld­kam­pi­oen en die wê­reld­re­kord­hou­er in die 800 m, en is ook die O­lim­pie­se kam­pi­oen.

Die Suid­A­fri­kaan­se spies­gooi­er Su­net­te Vil­joen het haar Vry­dag ont­trek weens ’n rug­be­se­ring.

Ru­disha (28) is die e­nig­ste at­leet wat die 800 al on­der 1:41 af­ge­lê het.

Hy het sy spog­tyd van 1:40.91 vyf jaar ge­le­de op die O­lim­pie­se Spe­le in die ein­ste Lon­den­sta­di­on be­haal.

Hy het ver­le­de maand by Ke­nia se oe­fen­kamp ge­sê hy is op­ge­won­de om na Lon­den te­rug te keer. Sy tye van­jaar was ge­mid­deld teen­oor dié van sy land­ge­noot Em­ma­nu­el Ko­rir en Ni­jel A­mos van Botswa­na.

– Reu­ters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.