Laas­te hoof­stuk

NET NOG ’N MAAN­DAG, AL IS DIT AC­KERS SE. . . Leeus is rus­tig, sê De Bruin

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

“Dis nou die laas­te hoof­stuk wat ge­skryf moet word.”

Só sê S­wys de Bruin, aan­valsaf­rig­ter van die Leeus, oor dié span se be­lang­rik­ste wed­stryd se­dert sy reis vyf jaar ge­le­de be­gin het.

In 2013 is die Leeus uit die Su­per­reeks ge­skop, maar die bou­ste­ne vir sy hui­di­ge suk­ses is ge­lê met ’n oor­win­ning in die eer­tyd­se Vo­da­com­be­ker­reeks.

Se­dert­dien het Jo­han Ac­ker­mann se span van krag tot krag ge­gaan en draf hy nou Sa­ter­dag in sy twee­de ag­ter­een­vol­gen­de Su­per-eind­stryd uit.

Maar van­jaar is daar een groot ver­skil – dié keer gaan die Leeus voor hul tuis­ska­re op El­lis­park kan brul.

En dít, het De Bruin langs die oe­fen­veld ge­sê, maak ’n groot ver­skil.

Vol­gens hom kan hier­die eind­stryd nie ver­ge­lyk word met ver­le­de jaar s’n toe die Leeus al die pad Nieu-See­land toe moes vlieg om die Hur­ri­ca­nes daar te pak nie.

“Ons het toe eers die Maan­dag daar aan­ge­kom en dit was tas­se rond­dra en din­ge uit­sor­teer voor­dat ons by die ho­tel moes in­te­ken.

“Dit het ons ’n paar dae ge­vat om eers in ’n roe­ti­ne te kom. Nou is ons in ons ge­ves­tig­de pa­troon en ons het elk­een ons eie on­der­steu­nings­groep by ons in die aan­loop tot die eind­stryd. Dit maak ’n groot ver­skil en laat al­mal net rus­ti­ger voel,” sê De Bruin.

Vol­gens hom is al­mal slag­ge­reed vir die eind­stryd en is daar nie e­ni­ge be­se­rings ná die half­eind­stryd wat pla nie.

Het hul­le daar in die af­rig­ters­hok­kie be­noud ge­raak toe die Hur­ri­ca­nes met 22-3 voor was?

“Weet jy, ons was nie reg­tig be­kom­merd nie. Ons het ge-

weet ons het nog nie eint­lik be­gin speel nie en dat die drieë wat hul­le ge­druk het, van ons fou­te ge­kom het. Hul­le het nie no­dig ge­had om daar­voor te werk nie.

“Ons het ge­voel as ons eers ’n bie­tjie mo­men­tum kry en speel soos ons kan, sou sa­ke ’n an­der wen­ding neem. Dit is ook hoe dit toe ge­beur het,” sê hy.

Die Leeus het gis­ter­og­gend hul oe­fe­ning in die Jo­han­nes­burg-sta­di­on soos e­ni­ge voor­af­gaan­de Maan­dag-slyp­ses­sie be­na­der.

Die af­rig­ters en spe­lers het so teen 07:00 daar aan­ge­kom. Die spe­lers het mas­se­rings ge­kry om die stam­pe en sto­te van die half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes uit te vryf en van hul­le het in die gim­na­si­um gaan oe­fen.

Die af­rig­ting­span het ou­der­ge­woon­te in die og­gend hul ver­to­ning van die af­ge­lo­pe na­week be­stu­deer en be­spreek.

Gis­ter­mid­dag is daar be­gin om te fo­kus op die Cru­sa­ders en is plan­ne be­raam hoe om hul­le hok te slaan.

Tog was hier­die uit­ein­de­lik nie ’n ge­wo­ne Maan­dag vir die Leeus nie, want dit sou die laas­te Maan­dag wees wat hul­le saam met hul ge­lief­de hoof­af­rig­ter deur­bring.

Vir Ac­ker­mann, wat eers­daags na En­ge­land ver­huis om sy loop­baan by Glou­ces­ter voort te sit, is dit eg­ter ’n on­der­werp wat hy van­dees­week op die ag­ter­grond wil skuif.

Hy wil net op die eind­stryd fo­kus en wat ge­doen moet word vir die Leeus om Sa­ter­dag­aand die nu­we hou­er van die Su­per­tro­fee te word.

Fo­to: REU­TERS

Die Leeus se Bok­slot Fran­co Mos­tert sak Sa­ter­dag op TJ Pe­re­na­ra toe in die Jo­han­nes­bur­gers se te­rug­veg­se­ge oor die Ki­wi’s. In­ten­si­teit soos dié gaan in die eind­stryd teen die Cru­sa­ders nood­saak­lik wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.