Groot vraag­te­ken oor Hei­no ná rits ver­speel­de kan­se

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Gaan Hei­no Kuhn nóg ’n kans kry in die laas­te krie­ket­toets teen En­ge­land in Man­ches­ter?

Dit is een van die moei­li­ke vrae wat die Pro­te­as se span­be­stuur sal moet be­ant­woord voor­dat die vier­de toets Vry­dag op Old Traf­ford be­gin.

Suid-A­fri­ka moet dié toets wen om die reeks met En­ge­land te deel na­dat hy gis­ter die der­de toets op die O­val in Lon­den met 239 lo­pies ver­loor het.

Suid-A­fri­ka is ’n drie­kwar­tier ná die mid­dag­e­te op die vyf­de dag vir 252 lo­pies uit­ge­boul.

El­gar (136 van 220 bal­le; 20x4) was een van die min uit­blin­kers met die kolf in die toets vir die Pro­te­as en dit is die kol­wers se ge­suk­kel in die al­ge­meen wat die brei­er, Rus­sell Do­min­go, en die kol­f­af­rig­ter, Neil M­cKen­zie, sla­pe­lo­se nag­te sal be­sorg.

Faf du P­les­sis, die Pro­te­as se kap­tein, het ná die toets er­ken sy span se kolf­werk was nie op stan­daard nie.

“Die toe­stan­de was moei­lik, maar jy moet aan­hou veg. Ons het dit nie ge­doen nie.

“Dit is ’n vreem­de reeks met ver­to­nings wat wis­sel van die een ui­ter­ste tot die an­der.”

Die pro­ble­me be­gin by Kuhn, wat tot dus­ver nie die mas op­ge­kom het in toets­krie­ket nie. Dié aan­vangs­kol­wer het nog net 78 lo­pies in ses kolf­beur­te aan­ge­te­ken teen ’n te­leur­stel­len­de ge­mid­del­de van 13.00.

Hoe­wel dit nie heel­te­mal reg­ver­dig is om ’n aan­vangs­kol­wer ná net drie toet­se in uit­da­gen­de En­gel­se toe­stan­de te be­oor­deel nie, sal in die ko­men­de dae ge­vra word of Kuhn se jong Ti­tans-span­maat Ai­den Mar­kram nie dalk in die vier­de toets ’n kans ge­gun moet word nie.

Daar is na­tuur­lik ook ’n kans dat Mar­kram nood­ge­dwon­ge sy de­buut sal maak, aan­ge­sien El­gar las ge­had het van ’n vin­ger­be­se­ring in sy kolf­beurt.

Dié hot­klou is et­li­ke ke­re op sy lin­ker­hand raak­ge­boul.

Die vroeë aan­dui­dings uit die Pro­te­as se kamp is eg­ter dat El­gar fiks ge­noeg sal wees om in Man­ches­ter te speel.

Die an­der pro­bleem vir die Pro­te­as is die sa­me­stel­ling van die kolf­lys en of Quin­ton de Kock op nr. 4 moet kolf.

Be­hal­we in een kolf­beurt in die twee­de toets het dié proef­ne­ming nie di­vi­den­de ge­le­wer nie.

Met die Pro­te­as se top-or­de wat reeds suk­kel om staan­de te bly, sal dié aan­val­len­de paal­tjie­wag­ter moet gaan kolf wan­neer die bal nog feit­lik nuut is.

Sy ver­moë om vin­nig lo­pies aan te te­ken, is ’n ba­te, maar hy sal dalk meer tot sy reg kom op nr. 6, met Du P­les­sis wat dan op nr. 4 kolf en Tem­ba Ba­vu­ma ’n po­si­sie ho­ër op nr. 5. Ba­vu­ma was een van min Pro­te­as in die toets op die O­val wat sy paal­tjie moei­lik weg­ge­gee het.

Die Pro­te­as, wat die laas­te dag met net ses paal­tjies staan­de be­gin het, het da­rem nie sum­mier boe­del oor­ge­gee nie met El­gar wat eers saam met Ba­vu­ma (32) en toe saam met Chris Mor­ris (24) vas­ge­skop het.

Suid-A­fri­ka het eg­ter drie keer in die beurt twee paal­tjies met twee bal­le ver­loor. De Kock en Du P­les­sis is Son­dag met ag­ter­een­vol­gen­de bal­le uit en Ba­vu­ma en Ver­non P­hi­lan­der is gis­ter­og­gend met ag­ter­een­vol­gen­de af­le­we­rings deur To­by Ro­land-Jo­nes (3/72) uit­ge­haal.

Toe het die En­gel­se draai­er Moeen Ali boon­op van El­gar, Ka­gi­so Ra­ba­da en Mor­né Mor­kel ont­slae ge­raak. Hy het El­gar en Ra­ba­da met die laas­te twee bal­le van sy 15de boul­beurt in die glip­pe laat uit­vang en Mor­kel been voor paal­tjie be­trap.

Fo­to: GETTY

Hei­no Kuhn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.