Rus­tyd­praat­jie doen die ding, sê ys­ter Ja­c­ques

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Hy kon sien hoe Wes Goo­sen se oë rek toe hy soos ’n ver­woe­de bul op hom af­storm, sê Ja­c­ques van Rooy­en, die al­om­teen­woor­di­ge los­kop­stut van die Leeus se rug­by­span, wat die vonk verskaf het vir die merk­waar­di­ge te­rug­veg­po­ging teen die Hur­ri­ca­nes deur die eer­ste drie net voor rus­tyd te druk.

“Dit was so bie­tjie van ’n on­ge­ly­ke stryd,” glim­lag hy oor die voor­deel wat hy ge­had het teen die k­lei­ne Goo­sen, wat hy skoon op­ge­lig en te­rug­ge­stoot het oor sy eie doel­lyn.

Van Rooy­en het een van sy bes­te ver­to­nings in die Leeu­trui in die Su­per-half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes ge­le­wer en was ver­al in die twee­de helf­te uit­staan­de met sy dryf­spel.

“Die plan was om meer di­rek te speel en hul voor­spe­lers met ons dryf­be­we­gings te tei­ken.

“Ons kon voor rus­tyd al sien van hul ou­ens gaan sit en suk­kel om a­sem te kry. In daar­die laas­te 20 mi­nu­te was hul­le poe­gaai en toe kon ons oor­neem,” sê hy.

“In die eer­ste helf­te was dit dui­de­lik dat hul­le wou hê ons moes die bal wyd speel en met ons ag­ter­spe­lers aan­val, want hul­le teer dan op jou fou­te en val daar­van­daan aan.

“Dit is hoe­kom be­sluit is dat ons meer met die voor­spe­lers moet dryf en meer eng en na­by die af­breek­pun­te speel,” sê Van Rooy­en.

Dié on­der­skat­te stut, wat ’n ge­reel­de lid van die span ge­word het met Dy­lan S­mith wat ’n lang­ter­myn-be­se­ring op­ge­doen het, het weer sy bal­vaar­dig­heid uit­ge­stal, bo en be­hal­we dat hy ’n sterk skrum­wer­ker is.

“Ons het teen die Hur­ri­ca­nes die oor­hand in die skrums ge­had, maar teen die Cru­sa­ders in die eind­stryd kan dit dalk moei­li­ker wees. Hul­le het ’n baie sterk skrum met ’n vol­le All Black-voor­ry, maar dit is ’n goeie uit­da­ging om jou­self teen spe­lers van daar­die ge­hal­te te meet,” ver­tel Van Rooy­en.

Hy sê die af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann, het ook met rus­tyd, toe hul­le nog met 10-22 ag­ter was teen die Hur­ri­ca­nes, aan die spe­lers ge­sê dat hul­le net sorg­vrye rug­by in die twee­de helf­te moet speel en hul­le nie daar­oor moet be­kom­mer dat dit die ein­de van die pad vir hom by die Leeus sou wees as hul­le ver­loor nie.

“Hy het vir ons ge­sê hy sal nie e­nig­sins min­der van ons dink as ons sou ver­loor nie. Ons moes nie daar­die vrees in ons ag­ter­kop­pe hê nie en net ons eie spel speel en dit ge­niet, maak nie saak wat ge­beur nie,” sê Van Rooy­en.

“Dit was ook fan­tas­ties om die on­der­steu­ning van die toe­skou­ers te kry.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Ja­c­ques van Rooy­en beur vo­ren­toe in die Leeus se half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.