Ek het nog nie be­sluit, sê Lam­bie oor Fran­se ge­rug

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Die veel­sy­di­ge S­pring­bok-ag­ter­spe­ler Pa­trick Lam­bie het hom tot so­si­a­le me­dia ge­wend om ge­rug­te te ont­ken dat hy ’n oor­een­koms met die Fran­se rug­by­klub Ra­cing 92 aan­ge­gaan het.

Lui­dens ’n be­rig in Mi­di O­lym­pi­que, ’n Fran­se rug­by­koe­rant, het Lam­bie ’n brief on­der­te­ken waar­in hy on­der­neem om ’n kon­trak van drie jaar met

‘‘

On­danks ge­rug­te moet ek eers fiks wees en die ja­woord kry om te speel... — PA­TRICK LAM­BIE

Ra­cing 92 te sluit.

Of hy uit­ein­de­lik Frank­ryk toe sal skuif, sal glo af­hang van sy me­die­se toe­stand.

Hy is weens erns­ti­ge har­sing­skud­ding bui­te ak­sie en dis nog on­se­ker wan­neer hy weer sal kan rug­by speel.

Mi­di O­lym­pi­que be­spie­gel dat Lam­bie hom vir die 2018-’19sei­soen by Ra­cing 92 sal aan­sluit, maar daar word ge­hoop dat hy – af­han­gend van sy be­se- ring – reeds aan die ein­de van dié jaar Pa­rys toe sal skuif.

Lam­bie het op T­wit­ter die stel­lings in die be­rig ont­ken.

“On­danks ge­rug­te moet ek eers fiks wees en die ja­woord om te speel voor­dat ek be­slui­te oor my toe­koms kan neem,” het hy ge­twiet.

Lam­bie het ’n dub­be­le kon­trak met die Haaie en die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie.

Hier­die lyk na ’n klas­sie­ke ge­val van waar ’n ro­kie is, is daar ’n vuur­tjie.

Vir Ra­cing maak dit sin om Lam­bie te kon­trak­teer na­dat nóg ’n veel­sy­di­ge Bok-ag­ter­spe­ler, Jo­han Goo­sen, dié klub ein­de ver­le­de jaar on­der ge­heim­sin­ni­ge toe­stan­de ver­laat het.

Daar gaan glo ook nie ’n nu­we kon­trak met die voor­ma­li­ge All Black-los­ska­kel Dan Car­ter ge­sluit word nie. Hy was die af­ge­kry lo­pe drie sei­soe­ne by Ra­cing.

Ra­cing se ei­e­naar, die mil­jar­dêr Ja­cy Lo­ren­zet­ti, soek glo ook nog Goo­sen se bloed.

“Die saak teen Goo­sen word aan drie fron­te ver­der ge­voer – een in die si­vie­le hof, ’n kri­mi­ne­le saak en een in die ar­beids­hof.

“Hy word ook vir €5 mil­joen (na­ge­noeg R77 mil­joen) ge­dag­vaar,” sê Lo­ren­zet­ti lui­dens die be­rig in Mi­di O­lym­pi­que.

Pa­trick Lam­bie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.