Mo­sie: DA kap M­be­te se swye

Beeld - - Voorblad - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Dit is “ui­ters roe­ke­loos” van Ba­le­ka M­be­te, s­pea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, om ’n week voor die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma steeds nie haar be­sluit be­kend te maak of daar in die ope of in die ge­heim ge­stem sal word nie, sê John Steen­hui­sen, hoof­sweep van die DA.

M­be­te het vroe­ër ge­sê sy wil haar be­sluit eers deeg­lik oor­weeg, maar dat sy dit voor 8 Au­gus­tus be­kend sal maak.

Steen­hui­sen sê die DA is be­kom­merd dat M­be­te haar be­sluit tot die laas­te oom­blik wil ver­traag “in die hoop dat die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring in cha­os sal ver­val en (Zu­ma) so­doen­de aan­spreek­lik­heid sal vry­spring”.

“Hier­die stra­te­gie is ui­ters roe­ke­loos en be­voor­oor­deeld teen­oor die par­le­ment en op­po­si­sie­par­tye wat dalk kan ver­kies om haar be­sluit deur ’n hof te laat her­sien.”

Die DA en op­po­si­sie­par­tye vra ’n ge­hei­me stem­ming om ANC-LP’s wat die mo­sie wil steun teen vik­ti­mi­se­ring te be­skerm.

M­mu­si Mai­ma­ne, lei­er van die DA, gaan van­og­gend ’n land­wye pe­ti­sie dat Zu­ma as p­re­si­dent ver­wy­der moet word by adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se kan­toor by die par­le­ment af­le­wer.

Die DA sê meer as 1 mil­joen Suid-A­fri­ka­ners het die pe­ti­sie on­der­te­ken. Mai­ma­ne sal van­og­gend meer be­son­der­he­de oor die pe­ti­sie be­kend maak.

Steen­hui­sen sê die sit­ting van die par­le­ment wat nou be­gin, is ui­ters be­lang­rik.

“Die ag­gres­sie­we kan­ker van staat­skaping be­dreig die land en die­ge­ne wat die plun­de­raars ge­help het, het te lank aan­spreek­lik­heid vry­ge­spring. Die par­le­ment kan staat­skaping nou pak.”

Die me­dia, die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing en op­po­si­sie­par­tye het die laas­te paar maan­de hard ge­werk om die om­vang van die Gup­ta-fa­mi­lie se in­vloed op Zu­ma en die ANC-re­ge­ring te ont­hul. Die mo­sie van wan­troue in Zu­ma was daar­om nog nooit so drin­gend as nou nie, sê Steen­hui­sen.

“Nie eens die ver­doe­men­de be­vin­dings van die o­pen­ba­re be­sker­mer of die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof (oor N­kand­la) kon ’n en­ke­le ANC-LP so­ver kry om stand­punt in te neem teen Zu­ma se ver­nie­ti­gen­de pre­si­dent­skap nie.”

Die DA wil on­der­soe­ke na staat­skaping in al­le por­te­feul­je­ko­mi­tees laat doen. Die par­le­ment het vroe­ër aan­ge­kon­dig dat die por­te­feul­je­ko­mi­tees oor bin­ne­land­se sa­ke, mi­ne­ra­le bron­ne, o­pen­ba­re on­der­ne­mings en ver­voer be­we­rings van staat­skaping moet on­der­soek, on­der meer ge­grond op in­lig­ting uit die #Gup­taLe­ak­se-pos­bood­skap­pe.

‘‘

Die ag­gres­sie­we kan­ker van staat­skaping be­dreig die land

— JOHN STEEN­HUI­SEN (FO­TO)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.