Ba­bas weg­ge­vat, want ou­ers se IK is laag

Beeld - - Voorblad -

’n Paar­tjie van O­re­gon in A­me­ri­ka is in ’n reg­stryd ge­wik­kel na­dat hul­le toe­sig oor hul kin­ders ver­loor het om­dat hul­le “be­perk­te kog­ni­tie­we vaar­dig­he­de” het.

Amy Fabbri­ni (31) en E­ric Zieg­ler (38) pro­beer al vier jaar lank aan die staat be­wys dat hul­le in­tel­lek­tu­eel daar­toe in staat is om hul kin­ders groot te maak.

The O­re­go­ni­an be­rig die staat se de­par­te­ment van maat­skap­li­ke diens­te het die paar­tjie se oud­ste seun, Chris­to­pher, pas ná sy ge­boor­te uit hul sorg ver­wy­der, aan­ge­sien al­bei ou­ers “be­perk­te kog­ni­tie­we vaar­dig­he­de het wat hul ver­moë om die kind se vei­lig­heid te ver­se­ker, be­perk”.

Hul twee­de seun, Hun­ter, is ná sy ge­boor­te in die hos­pi­taal uit hul sorg ver­wy­der.

Fa­mi­lie­le­de het die o­wer­he­de laat weet dat Zieg­ler “met die ba­ba op die vloer slaap en am­per oor hom ge­rol het.”

Hy is ook daar­van be­skul­dig dat hy “mak­lik ge­frus­treerd” raak en dik­wels ver­geet om sy hond kos te gee.

Fabbri­ni se pa het aan The O­re­go­ni­an ge­sê dat sy geen moe­ders­in­stink het nie.

Toet­se het ge­wys dat Fabbri­ni ’n in­tel­li­gen­sie­kwo­si­ënt (IK) van 72 het, wat as ’n “baie lae vlak van in­tel­li­gen­sie” be­skou word. Zieg­ler se IK is 66.

Die ge­mid­del­de mens se IK is tus­sen 90 en 110.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Amy Fabbri­ni

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.