Boer het sy vrou Hen­nie wys ver­lo­wings­fo­to’s

Bl. 3

Beeld - - Voorblad - – Nadine Theron

Van hul ont­moe­ting tot die ma­nier waar­op hul ver­lo­wing be­kend ge­maak het, wys dat Hen­nie L­öt­ter en Ja­co­bu Mul­ler din­ge iet­wat an­ders doen.

Dié twee Boer soek ’n vrou-deel­ne­mers se ver­lo­wings­fo­to­ses­sie wys hul spon­ta­ne ka­rak­ter. Ky­kers van die reeks was ver­heug toe nuus van hul ver­hou­ding – eers vier maan­de la­ter – aan die lig ge­kom het.

Hen­nie het Ja­co­bu op 5 Ju­nie met son­op op sy fa­mi­lie­plaas by Ri­vers­dal die ja­woord ge­vra. Hul­le trou in Ok­to­ber. Die fo­to­graaf Ly­nel­le Pie­naar sê sy het die twee se na­tuur­li­ke, spon­ta­ne in­ter­ak­sie pro­beer vas­vang op die fo­to’s wat sy van hul­le op die strand by Groot Brak en in die woud by George ge­neem het.

“Ja­co­bu se ma sê ek het hul per­soon­lik­he­de baie goed vas­ge­vang,” sê sy.

Die paar­tjie het me­kaar by die re­ü­nie-e­pi­so­de van

Boer soek in vrou 2016 ont­moet na­dat Ja­co­bu vir die boer Ar­no in­ge­skryf het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.