‘A­bra­hams te sta­dig’

LP’S VER­WAG MEER VAN NVG EN VALKE, SÊ SKOOR­LID ‘Om skul­di­ges in die pad te steek, is nie ge­noeg’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

LP’s ver­wag meer van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) en die Valke, want die sa­me­le­wing wil hê daar moet op­ge­tree word teen staats­amp­te­na­re wat oor­tree.

Adv. S­haun A­bra­hams, di­rek­teur van die NVG, is reeds mee­ge­deel dat “die pas waar­in hy din­ge doen en hom­self han­teer nie help nie”, het Mny­a­me­ze­li Booi, ANC-LP en lid van die par­le­men­tê­re staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge (Skoor), gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê.

“Ons het taam­lik o­pen­lik aan die NVG en die Valke ge­sê dat ons meer van hul­le ver­wag.

“Daar moet ’n vin­ni­ger ma­nier wees om re­sul­ta­te te be­haal,” sê Booi.

Skoor het die Valke Maan­dag ge­bel ter voor­be­rei­ding van die me­di­a­kon­fe­ren­sie om on­der meer be­son­der­he­de te kry van die gro­ter ka­pa­si­teit waar­oor daar die na­week be­rig is.

“Dit was so­dat ons kan uit­vind of hul­le die ka­pa­si­teit het of nie, want die sa­me­le­wing wag op re­sul­ta­te.”

Op­tre­de teen skul­di­ge staats­amp­te­na­re is no­dig. “Om hul­le in die pad te steek, is nie ge­noeg nie. Dié wat met hul hand in die geld­laai be­trap is, moet in heg­te­nis ge­neem word.”

Booi wys daar­op dat die in­ter­ak­sie met staats­de­par­te­men­te en staats­in­stel­lings nie be­perk is tot ’n ver­sky­ning voor die ko­mi­tee nie. Ge­sprek­ke word ook ná sul­ke ver­ga­de­rings met in­di­vi­due ge­voer.

“Net so praat ons ook met die Valke. Ons het gaan kyk wat hul uit­da­gings is en ons het hul­le ge­vra wat hul pro­ble­me is.

“Een van hul­le is S­haun (A­bra­hams) . . . van­weë die pu­bliek se ver­wag­tin­ge. Ons het ’n deur­lo­pen­de ge­sprek met hom en het aan hom ge­sê die pas waar­in hy din­ge doen en die ma­nier waar­op hy op­tree, help ons nie.”

Skoor, on­der die voor­sit­ter­skap van T­hem­ba Go­di, is slag­ge­reed om in die nu­we par­le­men­tê­re kwar­taal, wat Maan­dag be­gin het, ver­skeie kwes­sies te pak by staats­in­stel­lings en -de­par­te­men­te, waar­on­der die na­si­o­na­le te­sou­rie, die a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa), die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie, die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens, SA Express, die de­par­te­ment van han­del en ny­wer­heid en die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid.

Ge­vra hoe­veel tan­de Skoor het om teen staats­amp­te­na­re op te tree, sê Go­di sa­ke kan nie net soos ge­woon­lik voort­gaan nie.

“Die groot­ste uit­da­ging is die ge­brek aan ge­vol­ge. Daar­om praat ons met wets­toe­pas­sings­a­gent­skap­pe om brûe te bou so­dat die ko­mi­tee ná sy in­ter­ak­sie met de­par­te­men­te kan sê wat moet ge­beur as daar e­le­men­te van mis­da­dig­heid is.”

Skoor stel voor dat daar ten op­sig­te van on­re­ël­ma­ti­ge, vrug­te­lo­se en ver­kwis­ten­de uit­ga­wes ’n regs­bin­den­de tyd­raam­werk van pro­ses­se op­ge­stel moet word.

“As die ou­di­teur-ge­ne­raal by­voor­beeld ein­de Ju­lie sê dié is on­re­ël­ma­ti­ge uit­ga­wes, moet die on­der­soek by­voor­beeld teen Maart vol­gen­de jaar af­ge­han­del wees en daar moet teen die staats­amp­te­na­re op­ge­tree word,” sê Go­di.

■ Adv. T­hu­li Ma­don­se­la, vo­ri­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, het Suid-A­fri­ka­ners gis­ter op ’n be­leg­ging­spits­be­raad in Jo­han­nes­burg aan­ge­moe­dig om in­ge­vol­ge die Wet op die Be­vor­de­ring van Toe­gang tot In­lig­ting (Paia) aan die­ge­ne in die o­wer­heid wat in die #Gup­taLe­aks-e-pos­bood­skap­pe ge­noem word, te skryf en te vra om ka­te­go­ries te ont­ken dat die e-pos­bood­skap­pe hul­le s’n is.

As hul­le dit vals­lik ont­ken, pleeg hul­le mein­eed, wat ’n mis­daad is, sê Ma­don­se­la.

Mny­a­me­ze­li Booi, ANC­LP.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.