#Gup­taLe­aks is ’n klomp twak – A­tul

Beeld - - Nuus -

A­tul Gup­ta het sy fa­mi­lie se be­trok­ken­heid by die be­vor­de­ring van die i­de­o­lo­gie­se term “wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal” deur die diens­te van die B­rit­se ska­kel­maat­skap­py Bell Pot­tin­ger ont­ken.

Hy het ook ge­sê daar steek geen waar­heid in die aan­ty­gings oor staat­skaping teen die fa­mi­lie nie. Dié Gup­ta-broer het in ’n on­der­houd met BBC Ra­dio 4 ge­sê hy weet ook nie waar die wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal­nar­ra­tief van­daan kom nie.

“Ons het al­tyd maat­skap­pye wat die een of an­der o­pen­ba­re be­trek­kin­ge be­har­tig en Bell Pot­tin­ger is een van die ska­kel­maat­skap­pye in die groep.

“Ek weet nie waar dié nar­ra­tief van­daan kom nie. Wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal het al­tyd be­staan, (sal jy sien) as jy re­vo­lu­si­o­nê­re toe­spra­ke in dié land (Suid-A­fri­ka) be­stu­deer. Ek weet nie waar e­ni­ge van dié ter­me van­daan kom nie,” het Gup­ta ge­sê.

Hy het ont­ken dat die Gup­tas ras­se­haat aan­blaas.

“Daar is glad nie so iets nie. Ek weet nie waar hier­die nar­ra­tief van­daan kom nie. Ek dink nie dit kom van e­ni­ge van ons pro­fes­si­o­ne­le ad­vi­seurs af nie . . . ek sal ge­skok wees.

“Hul­le (Bell Pot­tin­ger) is baie ge­loof­waar­di­ge men­se. Ek meen hul­le be­hoort nie so iets te doen nie, nie ons of hul­le nie.”

Hy het ook ont­ken dat daar e­ni­ge waar­heid steek in die be­we­rings wat spruit uit die lek­ka­sie van Gup­ta-e-pos­bood­skap­pe. “Dit is ’n ge­smous met per­sep­sies om hul eie a­gen­da te dryf. Ek weet reg­tig nie waar dit van­daan kom nie.”

Die ra­di­o­sta­sie het eg­ter met lord Bell, voor­ma­li­ge hoof van Bell Pot­tin­ger, ge­praat en hy het ge­sê daar is ’n dui­de­li­ke veld­tog deur die Gup­tas om swart e­ko­no­mie­se be­mag­ti­ging aan te moe­dig.

“Ek het ge­dink die Gup­tas was ’n om­stre­den­heid. Ek het so ge­sê, maar is deur my kol­le­gas ge­ïg­no­reer,” het Bell ge­sê.

“Die eer­ste ont­moe­ting was met To­ny Gup­ta, wat ver­tel het hoe won­der­lik hy is . . . ons het die aand deur­ge­bring deur te praat oor wat ons sal doen en dit het re­de­lik dui­de­lik ge­word dat wat hul­le wou doen, was om ’n veld­tog te voer om swart e­ko­no­mie­se be­mag­ti­ging aan te moe­dig.”

Bell sê die Gup­tas het hul­le nooit ge­vra om o­pen­ba­re be­trek­kin­ge vir Oak­bay te be­har­tig nie.

“Die voor­stel . . . was dat ons ver­skeie din­ge sou doen, in­slui­tend om pro­tes­op­tog­te te re­ël, om men­se te re­ël om te be­toog, om ’n ge­raas te maak dat hul­le die ver­kie­sing in 1994 ge­wen het, maar dat hul­le nie e­ko­no­mie­se mag het nie.”

Bell Pot­tin­ger se hui­di­ge hoof, James Hen­der­son, het aan die ra­di­o­sta­sie ge­sê daar was geen voor­ne­me van sa­me­swe­ring tot kor­rup­sie nie.

“Ons het goeie werk vir ’n kli­ënt pro­beer doen deur die be­stuur van hul re­pu­ta­sie en deur hul­le te be­skerm teen ’n aan­tal be­skul­di­gings, waar­van som­mi­ge in die po­li­tie­ke a­re­na was . . . dit is nie oor geld nie, hier­die re­ke­ning het ons ge­kos ten op­sig­te van ons re­pu­ta­sie,” het hy ge­sê.

“Ons is ge­tei­ken deur ’n aan­tal po­li­tie­ke par­tye, al ons werk­ne­mers is per­soon­lik ge­tei­ken met doods­drei­ge­men­te.” Hy sê hul­le het uit­ein­de­lik geen geld uit dié werk ge­maak nie.

Sy span wat hier­by be­trok­ke was, het die kwes­sie groot­liks op ’n ver­ant­woor­de­li­ke ma­nier pro­beer uit­lig.

“Daar was geen voor­ne­me om ras in te bring nie, daar was ’n voor­ne­me om ’n baie werk­li­ke kwes­sie uit te lig. Uit wat ek nou weet, het hul­le be­trok­ke ge­raak in ’n si­tu­a­sie wat baie meer po­li­ties was as wat hul­le toe ver­wag het,” het Hen­der­son ge­sê.

Fo­to: LAU­REN MULLIGAN

A­tul Gup­ta

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.