Ou­dits lei tot uit­stel van ANC se kon­fe­ren­sie

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Die ANC in die Vry­staat se lei­er­skaps­kon­fe­ren­sie, wat van 10 tot 13 Au­gus­tus in Pa­rys ge­hou sou word, moes eer­gis­ter in­der­haas op ’n ver­ga­de­ring van die pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (PUK) uit­ge­stel word om­dat die ou­dit­pro­ses by die 309 tak­ke nie vol­tooi is nie.

So sê Wil­li­am Bul­wa­ne, die ANC se Vry­staat­se se­kre­ta­ris.

ANC-le­de sê groot kom­mer heers oor wan­neer die al­ge­me­ne tak­ver­ga­de­rings gaan plaas­vind waar­op be­sluit moet word wie die tak­ke se af­ge­vaar­di­ges na die kon­fe­ren­sie sal wees.

Die ou­dits moet eers af­ge­han­del word voor­dat die tak­ver­ga­de­rings kan plaas­vind.

Vol­gens Bul­wa­ne sal die ou­dits wat gis­ter in Pa­rys ge­doen is, teen mô­re af­ge­han­del wees.

Daar­na moet die ou­dit­ver­slag nog deur G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris­ge­ne­raal van die ANC, af­ge­te­ken word.

Vol­gens Bul­wa­ne word die ou­dits deur ’n na­si­o­na­le span van Jo­han­nes­burg ge­doen.

Dit is net die tak­se­kre­ta­ris en tak­voor­sit­ter wat by die ou­dit­pro­ses­se teen­woor­dig is.

“Dit is moei­lik om die pro­ses­se te ma­ni­pu­leer en die­ge­ne wat dit sê, ver­sin sto­ries,” sê hy.

Hy sê ook T­ha­bo Ma­nyo­ni, on­der­voor­sit­ter van die ANC in die Vry­staat, ge­reed voel om die voor­sit­ter, die p­re­mier Ace Ma­gas­hu­le, op die kon­fe­ren­sie te daag, is dit sy reg om dit te kan doen.

Ma­nyo­ni is ook ’n PUK-lid. Bul­wa­ne sê hul­le hoop om die kon­fe­ren­sie steeds van­dees­maand te hou, maar daar is nog nie nu­we da­tums be­kend nie. “Ons sal ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie daar­oor hou.”

Hy sê die be­sluit om die 18 le­de van die ou­dit­span vir die fi­na­le pro­ses­se na Pa­rys te bring, gaan oor geld.

“Dit is baie goed­ko­per om 18 men­se se ver­blyf- en reis­kos­te van Jo­han­nes­burg na Pa­rys te be­taal as wat dit sou wees om hul­le na Bloem­fon­tein te bring.”

Die ko­mi­tee sal tot Don­der­dag in Pa­rys wees om die fi­na­le ou­dit­pro­ses­se te han­teer en om fou­te te kor­ri­geer, sê Bul­wa­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.