‘Ons al­mal se bloed is ge­meng’

‘KRO­TOA’ ‘Jy wil dié vrou net al­le re­spek gee’

Beeld - - Nuus - Nadine Theron se pre­mi­è­re.

Die le­gen­da­rie­se K­hoi-vrou Kro­toa se af­stam­me­lin­ge sluit po­li­tie­ke lei­ers soos Paul Kru­ger, Jan S­muts en FW de K­lerk in.

Met dié in­lig­ting laat die rol­prent met die ver­ge­te ver­haal van die in­vloed­ry­ke K­hoi-prin­ses sy ge­hoor.

Die rol­prent is Maan­dag­aand in Bell­vil­le be­kend ge­stel en be­gin Vry­dag land­wyd in te­a­ters draai. Kro­toa het reeds agt in­ter­na­si­o­na­le pry­se ge­wen.

Cry­stal-Don­na Ro­berts be­stem­pel die ti­tel­rol as een van haar uit­da­gend­ste rol­le nog.

“Die feit dat Kro­toa so­veel in haar kort le­we be­reik het al was dit ge­vul met so­veel tra­ge­die, en haar rol as ge­skied­kun­di­ge fi­guur het dit vir my be­lang­ri­ker en dus uit­da­gen­der ge­maak, want ’n mens wil hier­die vrou­mens net al­le re­spek gee,” sê Ro­berts.

Kro­toa (1643-’74) het as tolk en be­mid­de­laar op­ge­tree vir Jan van Rie­beeck, eer­ste goe­wer­neur van die Kaap. Van Rie­beeck het haar as 11-ja­ri­ge sla­vin in sy huis­hou­ding laat werk waar sy die naam “Eva” ge­gee is. In die rol­prent word die noue band tus­sen dié Ne­der­lan­der, wat deur Ar­mand Au­camp ver­tolk word, en die K­hoi-vrou uit­ge­beeld.

Au­camp het vroe­ër ge­sê dit was vir hom aan­vank­lik moei­lik om Van Rie­beeck nie te ver­oor­deel oor sy ge­drag nie en hoe hy dié amp­te­naar van die Ver­e­nig­de Oos-In­die­se Kom­pan­jie goed moes na­vors om die rol te kon aan­vaar.

Ro­berts sê dit is be­lang­rik dat die rol­prent ’n week voor Vrou­e­dag in Suid-A­fri­ka uit­ge­reik word.

“Kro­toa het so baie be­reik in ’n tyd­perk toe vroue nie baie be­lang­rik ge­ag is nie,” sê sy.

“Ver­al ’n vrou van kleur tus­sen ’n klomp Eu­ro­pe­se set­laars

. . . wat sy toe ge­doen het, spreek boek­de­le vir haar ka­rak­ter,” sê Ro­berts.

Dié veel­sy­di­ge ak­tri­se het reeds naam ge­maak as TV-aan­bie­der van Pa­sel­la, in 7de Laan, op te­a­ter­ver­hoë en in ver­skeie rol­pren­te.

“Ek het ge­leer don’t ta­ke t­hings lying do­wn, om waag­moed te hê en ri­si­ko’s te loop. Ek het ge­leer, en is steeds be­sig om te leer, om ’n ver­skrik­lik sterk vrou te wees, on­ge­ag wat om jou ge­beur,” sê sy.

Ro­berts het die pre­mi­è­re aan die sy van haar man, S­chalk Corn­e­les­sen, by­ge­woon.

Hen­nie van Wyk, op­per­hoof (Kai Bi’a) van die Go­ra­chou­qua K­hoi, en ver­skeie an­der lei­ers van die stam het in tra­di­si­o­ne­le drag by die pre­mi­è­re op­ge­daag.

’n Jeug­koor van Na­mi­bië het die gas­te met tra­di­si­o­ne­le K­hoi­lied­jies ver­wel­kom.

Roe­li­ne Da­neel, wat die rol van Ma­ria van Rie­beeck ver­tolk, De­on Lotz, Mar­cel van Heer­den en Ja­c­ques Bes­sen­ger was ook op die rooi ta­pyt in die Ty­ger­val­lei-sen­trum, waar die rol­prent plaas­lik be­kend ge­stel is.

Bes­sen­ger ver­tolk die rol van Kro­toa se groot lief­de, die Deen­se dok­ter Pie­ter van Meer­hof.

“Dit sê vir my iets be­lang­riks,” sê Reg­gie Boe­sak, stam­hoof van die Hes­se­kwa-stam.

“Van die be­gin af was ons al­mal maar ge­meng­de bloed. As ons dit net wil er­ken . . .” sê hy.

“Ek glo en ek bid dat ons dit in Suid-A­fri­ka sal sien en sal leer dat ons al­mal op die ou ein­de net Suid-A­fri­ka­ners is. As ons soek n vre­de en be­grip vir me­kaar en vir me­kaar se ge­skie­de­nis, sal ons ’n won­der­li­ke land hê.”

Kro­toa is ge­skryf deur Kaye Ann Wil­li­ams en Mar­ga­ret Gold­smid en die ver­vaar­di­ger en re­gis­seur is Ro­ber­ta Dur­rant. Dit is deur Pen­guin Films ver­vaar­dig, in sa­me­wer­king met kykNET, die na­si­o­na­le rol­pren­ten vi­de­o­stig­ting en die de­par­te­ment van han­del en ny­wer­heid.

Fo­to’s: NADINE THERON

Lei­ers van die Go­ra­chou­qua­K­hoi­stam by Kro­toa

Ja­c­ques Bes­sen­ger, wat die rol van Kro­toa se man, Pie­ter van Meer­hof, ver­tolk, by die jong Kro­toa, C­ha­ris Wil­li­ams.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.