Vlog met Via om vi­deo­ster te kan word

Beeld - - Nuus -

Die DStv-ka­naal Via is op soek na nu­we A­fri­kaan­se vi­deo-ster­re vir sy pro­jek Wat maak jy? (WMJ), wat ’n be­mar­kings­plat­form aan A­fri­kaan­se vi­de­o­blog­gers (vlog­gers) bied.

Via nooi die he­le Suid-A­fri­ka om hul ta­len­te, per­spek­tie­we, oom­blik­ke en stok­perd­jies op vi­deo met ky­kers te deel.

Die Via-span se guns­te­ling­vi­deo kan tot ein­de Ok­to­ber el­ke week R5 000 wen.

“Toe ons eers in die di­gi­ta­le wê­reld gaan krap het, was ons ver­baas oor hoe­veel ou­li­ke A­fri­kaan­se in­houd­ma­kers daar is, maar dis nog heel­te­mal te min,” sê I­zel­le Ven­ter, Via se ka­naal­hoof.

“Via meen nog baie u­nie­ke stem­me kan A­fri­kaans baat.

“Ons hoop die groep van 20 men­se wat ons ge­na­der het, gaan jou in­spi­reer en dat Via deur WMJ som­mer baie in­te­res­san­te ka­rak­ters en ta­lent­vol­le men­se be­kend gaan stel.”

As die vi­de­o­ma­kers groot af­trek kry, sal die ka­naal selfs ’n TV-reeks oor­weeg.

’n Span van 20 A­fri­kaan­se aan­lyn vi­de­o­ma­kers, vlog­gers en per­soon­lik­he­de op so­si­a­le me­dia is ge­na­der om eks­klu­sie­we vi­deo’s te maak wat in die vol­gen­de drie maan­de op Via uit­ge­saai en op sy Fa­ce­book-blad en YouTu­be-ka­naal ge­plaas sal word.

Dit moet dien as in­spi­ra­sie vir voor­ne­men­de vi­de­o­ma­kers wat dalk aan die pro­jek wil deel­neem.

Die pro­jek het Maan­dag be­gin met die vlog­gers Am­mi­ël S­mith en Le­o­ne Mos­tert (be­ter be­kend as “Net nog ’n moe­ri­ge mam­ma”) en hul vi­deo’s kan tans op Via se Fa­ce­book-blad en YouTu­be­ka­naal ge­sien word.

Om in te skryf, moet jy ’n kort vi­deo in A­fri­kaans maak en dit plaas op YouTu­be, Fa­ce­book of In­sta­gram met die huts­mer­ke #VIATV en #VIAWMJ.

Stuur ook ’n s­ka­kel van die vi­deo na in­fo@viatv.co.za.

Kon­tak Ro­bert Ka­den by ro­bert.ka­den@me­dia24.com met e­ni­ge vrae oor die pro­jek.

Fo­to’s: VIA

Am­mi­ël S­mith van Bloem­fon­tein is een van die vlog­gers wat aan Via se pro­jek deel­neem.

Le­o­ne Mos­tert, nog ’n vlog­ger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.