Ro­wers ge­vaar­li­ker

TRANSITO­AAN­VAL­LE Blaas geld­wa­ens met ho­pe plof­stof op

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Vei­lig­heids­maat­skap­pye is dit eens dat tran­si­to­roof­tog­te se­dert Fe­bru­a­rie land­wyd skerp toe­neem en dat ro­wers al hoe meer ge­waagd raak en groot hoe­veel­he­de plof­stof ge­bruik om ge­pant­ser­de geld­wa­ens oop te skiet.

Gis­ter­og­gend is ’n geld­wa van Fi­de­li­ty Se­cu­ri­ty Ser­vi­ces op die R71 in Gra­ve­lot­te tus­sen T­za­neen en P­ha­la­bor­wa in Lim­po­po met plof­stof aan flar­de ge­ruk.

Stuk­ke me­taal van die geld­wa het so hoog die lug in­ge­skiet dat dit in ’n do­ring­boom na­by die bo­punt van ’n krag­paal vas­ge­sit het.

’n Groep swaar ge­wa­pen­de mans het in drie mo­tors, waar­van twee Mer­ce­des-Ben­ze was, die geld­wa van die pad ge­dwing, die vei­lig­heids­wag­te uit­ge­pluk en die plof­stof na die voer­tuig ge­gooi. Nie­mand is be­seer nie. Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê ’n mas­sie­we soek­tog na die mans is van sta­pel ge­stuur.

Die ro­wers het ’n on­be­ken­de be­drag geld ge­buit, maar laat spaan­der son­der om die geld op te tel wat met die plof­slag in die veld be­land het.

In Pa­row in die Wes-Kaap het twee mans gis­ter­og­gend ’n tran­si­to­roof­tog uit­ge­voer, be­rig

May­ge­ne de Wee.

’n S­wan­ger vrou wat oor ’n brug ge­stap het, is ge­wond.

Lt.kol. An­drè Traut, po­li­sie­woord­voer­der, sê die mans het om­streeks 08:00 aan­ge­val ter­wyl vei­lig­heids­wag­te van Fi­de­li­ty be­sig was om geld af te le­wer wat vir maat­skap­li­ke toe­lae be­stem was.

Ty­gerBur­ger be­rig ’n skiet­ge­veg het uit­ge­breek tus­sen die ro­wers en vei­lig­heids­wag­te, wat hul­le ag­ter­na­ge­sit het.

Die vrou is toe in die bors ge­tref.

Die ro­wers het met vier geld­hou­ers weg­ge­kom. Twee was leeg.

’n Vi­deo van ’n tran­si­to­roof­tog Don­der­dag op die N4 tus­sen Ma­la­la­ne en M­bom­be­la (Nel­spruit) het op­slae op so­si­a­le me­dia ge­maak. In die vi­deo pluk swaar ge­wa­pen­de ro­wers met klap­mus­se vei­lig­heids­wag­te uit die ge­pant­ser­de wa van SBV voor­dat hul­le weg­staan en die geld­wa op­blaas.

Vroe­ër ver­le­de week was daar ook ’n tran­si­to­roof­tog in die Longtom-pas bui­te Ly­den­burg in M­pu­ma­lan­ga.

Vol­gens ’n ja­re lan­ge werk­ne­mer van ’n na­si­o­na­le vei­lig­heids­maat­skap­py wat om vei­lig­heids­re­des nie sy naam ge­noem wil hê nie, sê “dit voel of ons net nie vor­der om die tran­si­to­roof­tog­te te be­kamp nie”.

“Al het ons die jong­ste toe­rus­ting, voer­tuie en hoogs op­ge­lei­de wag­te, is ons mag­te­loos as ro­wers ’n geld­wa met plof­stof oop­skiet.”

Vol­gens die man is daar ge­woon­lik tus­sen agt en 30 mans in ’n ben­de tran­si­to­ro­wers. Hul­le is meest­al swaar ge­wa­pen met aan­vals­ge­we­re, wat AK47’s en R5-ge­we­re in­sluit.

Min­stens drie voer­tuie, wat by­kans al­tyd ’n Mer­ce­des-Benz in­sluit, word ge­bruik om ’n geld­wa teen ’n hoë spoed van die pad te druk.

“Die Mer­ce­des-Benz word ver­al ge­bruik om­dat dit ’n ‘har­de’ voer­tuig is en min ska­de op­doen wan­neer dit in die geld­wa vas­jaag.”

Ben­des tran­si­to­ro­wers sal bin­ne 5 km van die plek waar hul­le toe­slaan nóg weg­kom­mo­tors met mak­kers hê wat op ’n uit­kyk­pos is voor­dat hul­le vlug.

N­goe­pe sê tran­si­to­roof­tog­te word af­son­der­lik deur el­ke pro­vin­sie se po­li­sie on­der­soek.

Vol­gens die po­li­sie se jong­ste mis­daad­sy­fers vir die boek­jaar van A­pril 2015 tot ein­de Maart 2016 is slegs 18 tran­si­to­roof­tog­te land­wyd aan­ge­meld.

Dit is in skerp teen­stel­ling met die 137 tran­si­to­roof­tog­te wat van Maart 2014 tot A­pril 2015 land­wyd by die po­li­sie aan­ge­meld is.

Die po­li­sie het nog nie die jong­ste sy­fers oor tran­si­to­roof­tog­te be­kend ge­maak nie.

Die mees­te tran­si­to­roof­tog­te (467) was van A­pril 2006 tot Maart 2007.

Vol­gens in­lig­ting van die Suid-A­fri­kaan­se Ban­kri­si­ko-in­lig­ting­sen­trum was daar ’n 13%-sty­ging in die ge­tal tran­si­to­roof­tog­te in Ja­nu­a­rie en Fe­bru­a­rie van­jaar in ver­ge­ly­king met die eer­ste twee maan­de van ver­le­de jaar.

In een van die skok­kend­ste tran­si­to­roof­tog­te is vier vei­lig­heids­wag­te van SBV in Sep­tem­ber 2006 in Lim­po­po dood toe hul geld­wa deur swaar ge­wa­pen­de ro­wers aan die brand ge­steek is.

Die ro­wers het ’n kan pe­trol oor die geld­wa uit­ge­gooi en dit aan die brand ge­steek om­dat hul­le nie daar­in kon slaag om die geld­wa met ’n hoek­sny­er oop te sny om die geld te kry nie.

Dirk K­leyn­hans (28), Mar­cus Ma­le­te (24), Hen­nie Botha (22) en De­on S­tein (20) is dood op ’n ver­la­te stuk pad tus­sen Mar­ken en Bal­ti­mo­re, so­wat 70 km van Lep­ha­la­le (El­lis­ras), ge­vind.

Hul­le was van Po­lo­kwa­ne na Lep­ha­la­le op pad om die geld af te le­wer.

’n Boer wat ver­by die to­neel ge­ry het na­dat die ro­wers weg is, het die ven­ster aan die voor­kant van die geld­wa met ’n pik­steel uit­ge­slaan en S­tein uit die geld­wa ge­trek. Hy is weens rook­i­na­se­ming dood.

Botha, Ma­le­te en K­leyn­hans het in die geld­wa dood­ge­brand.

Drie van die ver­oor­deel­de ro­wers was oud­le­de van die weer­mag se des­tyd­se 32 Ba­tal­jon.

Die drie An­go­le­se, Em­ma­nu­el Ba­ros, As­ser Nd­jam­ba en An­to­nio N­da­la, was ook oud­huur­sol­da­te vir die Exe­cu­ti­ve Out­co­mes-vei­lig­heids­maat­skap­py.

Hul­le is saam met nog vier mans tot meer as 1 000 jaar tronk­straf ge­von­nis weens die tran­si­to­roof­tog.

Fo­to: SAPD

Geld­no­te lê in die veld na­dat ’n geld­wa gis­ter­og­gend in Gra­ve­lot­te, Lim­po­po, met plof­stof oop­ge­skiet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.