Sand­bank ry don­kies se mis­daad­tog in wie­le

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die don­kie is ’n won­der­li­ke ding – so word dié pak­dier se deug­de be­sing.

Maar om hul­le da­rem nou me­de­plig­tig te maak aan mo­tor­dief­stal sal selfs dié stom­me dier laat vas­skop – en nu­we be­te­ke­nis gee aan die woord “don­kie­kar”.

Toe die po­li­sie in Lim­po­po dus gis­ter op nog ’n mo­tor be­slag lê wat in ’n sand­bank in die Lim­po­po­ri­vier vas­ge­val het toe dit glo na Zim­bab­we ge­smok­kel sou word, was hul­le ef­fens ver­stom oor die “be­stuur­ders” van die Mer­ce­des-Benz C220.

Die me­de­plig­ti­ges? Vier don­kies, wat die mo­tor oor die grens moes sleep, sê brig. Mot­la­fe­lo Mo­ja­pe­lo, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po.

Hy sê die ver­dag­tes het don­kies ge­bruik om die mo­tor oor die droë Lim­po­po­ri­vier te trek toe die on­ge­luk hul­le ry.

“Po­li­sie­le­de het net be­tyds toe­ge­slaan. Dit het ge­lyk as­of die don­kies die mo­tor nie ver­der kon trek nie,” sê Mo­ja­pe­lo.

Vol­gens hom het die ver­dag­tes weg­ge­hard­loop toe die po­li­sie op­daag en hul­le het in die bos­se aan die Zim­bab­we­kant van die Lim­po­po­ri­vier ver­dwyn.

Die voor­val volg ná ’n soort­ge­ly­ke een ver­le­de week toe die po­li­sie ook op ’n mo­tor, wat oor die grens na Zim­bab­we ge­smok­kel is, be­slag ge­lê het. Die voer­tuig het ook in ’n sand­bank in die ri­vier vas­ge­val.

Die po­li­sie het ein­de ver­le­de jaar ook op ’n voer­tuig be­slag ge­lê wat deur don­kies ge­trek is in ’n po­ging om dit oor die grens na Zim­bab­we te kry. Mo­ja­pe­lo sê die po­li­sie hou pal pad­ver­sper­rings op die N1 bui­te Mu­si­na en na­by die Beit­brug-grens­pos om die smok­ke­la­ry van mo­tors na Zim­bab­we stop te sit.

Fo­to: SAPD

Dié don­kies is ge­bruik om die mo­tor oor die droë Lim­po­po­ri­vier na­by Beit­brug na Zim­bab­we te pro­beer smok­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.