Nag op stoep: 2 kry wild­tuin­plek

Beeld - - Nuus -

’n Lang koue nag in ’n tou voor San­par­ke se kan­toor in P­re­to­ria was toe deur en deur die moei­te werd vir Mag­da en Harm Tim­mer­man, ’n be­jaar­de eg­paar van Wa­ver­ley in P­re­to­ria.

Hul­le het toe wel hul be­spre­king vir vol­gen­de jaar in die Kru­ger­wild­tuin ge­kry.

Beeld het gis­ter oor hul­le be­rig. Mag­da (73) sê sy is in die wol­ke na­dat sy en Harm (80) Dins­dag­og­gend ’n staan­plek vir vol­gen­de jaar in die ge­wil­de park be­spreek ge­kry het kort na­dat San­par­ke se kan­toor om 07:30 oop­ge­maak het.

Die Tim­mer­mans staan se­dert Maan­dag om­streeks 17:30 in die tou en het die nag in ’n oop gan­ge­tjie op ’n stoep deur­ge­bring.

Toe Harm ge­du­ren­de die nag moeg ge­raak het, het hy in hul mo­tor gaan slaap.

“Ek het ons plek in die tou ge­hou,” sê Mag­da.

Sy sê hoe­wel dit koud was, was dit die moei­te werd. Hul­le het ge­noeg kom­ber­se ge­had en het lek­ker ge­sels met die an­der men­se in die tou.

“Ons was tien­de in die ry. Daar was geen cha­os of iets om oor be­kom­merd te wees nie.”

Hul seun P­hil­lip (45) het hul­le vir die laas­te uur af­ge­los so­dat hul­le huis toe kon gaan om te rus. Hul­le is kort ná 06:00 huis toe.

Mag­da sê hul­le sien nou uit na hul fa­mi­lie­tra­di­sie-va­kan­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.