2 be­seer toe 4 vir po­li­sie pro­beer vlug

Beeld - - Nuus -

Die vier mans wat in ’n skie­te­ry met die po­li­sie by die C­res­ta-win­kel­sen­trum be­trok­ke was, was vol­gens kapt. Kay Mak­hu­be­le, po­li­sie­woord­voer­der, op pad om ’n win­kel in die sen­trum te be­roof.

Ao. David Ma­lan, ao. Nis­hal Koobair en sers. Ter­sia van Vuur­en was gis­ter­og­gend in Fai­r­land, Jo­han­nes­burg, op pa­trol­lie toe hul­le ’n ver­dag­te wit Volks­wa­gen Po­lo in Bey­ers Nau­déry­laan ge­waar.

“Die Po­lo met vier mans in het sta­dig ge­ry – dit het ge­lyk as­of hul­le ie­mand langs die pad wil be­roof,” sê Ma­lan.

Die Po­lo het eers vir die po­li­sie pro­beer weg­jaag en toe in die mid­del van Bey­ers Nau­déry­laan, oor­kant die C­res­ta-win­kel­sen­trum stil­ge­hou, waar­na die vier mans uit­ge­spring en in die rig­ting van die win­kel­sen­trum se par­keer­ter­rein ge­hard­loop het.

“Die een het ’n vuur­wa­pen uit die mo­tor ge­gooi en die an­der een het sy wa­pen op my ge­rig. Ek het hom in die been ge­skiet,” sê Ma­lan.

Een van die an­der ver­dag­tes het ’n kop­be­se­ring op­ge­doen in ’n stru­we­ling met een van die po­li­sie­le­de.

Pa­ra­me­di­ci het die twee be­seer­des be­han­del en die ver­dag­te met die skiet­wond na die naas­te hos­pi­taal ge­bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.