Be­jaar­de in sy tuin in P­re­to­ria ver­moor

Beeld - - Nuus -

’n Be­jaar­de man se vas­ge­bin­de lyk met ’n re­ën­ja­s­kap­pie in sy keel af­ge­druk is gis­ter by sy huis in Sil­ver­ton, P­re­to­ria, aan­ge­tref.

Kapt. Jan Se­pa­to, po­li­sie­woord­voer­der, sê die man se dog­ter, wat saam met haar pa in die huis woon, is gis­ter­og­gend ou­der­ge­woon­te werk toe.

Sy het be­kom­merd ge­raak toe sy haar pa (78) nie te­le­fo­nies in die han­de kon kry nie en is toe huis toe.

“Haar pa se lyk was in die tuin. Sy han­de en voe­te was vas­ge­bind en ie­mand het ’n re­ën­ja­s­kap­pie in sy keel af­ge­druk.”

Se­pa­to het gis­ter­aand ge­sê hy mag die slag­of­fer nog nie i­den­ti­fi­seer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.