U­ni­sa­stu­den­te druip glo weens na­sien­blaps

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Nog ’n voor­val by die U­ni­ver­si­teit van Suid-A­fri­ka (U­ni­sa) weens be­weer­de ad­mi­nis­tra­tie­we pro­ble­me het daar­toe ge­lei dat min­stens 150 stu­den­te ’n fi­na­le­jaar­mo­du­le in so­si­a­le siel­kun­de ge­druip het.

Die stu­den­te wag nog dat hul pun­te reg­ge­stel word, maar hoor glo niks van U­ni­sa nie.

Ag­ne­tia van Nie­kerk, ’n so­si­a­le­me­di­a­be­stuur­der en ’n siel­kun­de­stu­dent aan U­ni­sa, sê weens ad­mi­nis­tra­tie­we pro­ble­me, soos stu­die­ma­te­ri­aal wat laat ge­stuur is, het U­ni­sa die vo­ri­ge se­mes­ter twee ek­sa­men­ge­leent­he­de ge­re­ël.

Die twee ek­sa­mens is ge­re­ël om stu­den­te wat on­der meer hul stu­die­ma­te­ri­aal laat ont­vang het meer tyd te gee om voor te be­rei om­dat hul­le eers la­ter kon be­gin stu­deer.

Van Nie­kerk sê die stu­den­te kon kies by wat­ter ek­sa­men­ge­leent­heid hul­le aan die ein­de van die se­mes­ter wou skryf.

“Baie stu­den­te het die twee­de ge­leent­heid ge­kies, wat ’n bie­tjie la­ter is. Ek ook. Ek het hard ge­leer en goed voor­be­rei.”

Van Nie­kerk sê sy het ’n se­mes­ter­punt van 100% ge­kry. Dié punt word saam­ge­stel uit pun­te wat vir op­drag­te in die loop van die se­mes­ter be­haal is.

“Toe ek my ek­sa­men­uit­slae kry, het ek 30% vir die ek­sa­men ge­kry. Ek het uit­ge­werk dat ek be­slis min­stens 70% daar­voor moes kry.”

Sy sê dit het haar baie angs­tig ge­maak en dat sy op haar bed neer­ge­val en ge­huil het.

’n Dag na­dat die uit­slae ge­pu­bli­seer is, het ver­skeie stu­den­te op ’n stu­die­groep op W­hat­sApp be­gin kla dat hul­le ook ge­druip het.

“Ons het toe vas­ge­stel dat die eer­ste ek­sa­men­ge­leent­heid se me­mo­ran­dum ge­bruik is om die twee­de ek­sa­men­ge­leent­heid se ant­woord­stel­le te merk.”

Dit was ’n veel­keu­se-vra­e­stel wat deur ’n re­ke­naar na­ge­sien word.

Van Nie­kerk en haar me­de­stu­den­te ver­moed nie­mand het die re­ke­naar met die twee­de vra­e­stel se me­mo­ran­dum op­ge­da­teer nie.

Sy sê sy wag nou al meer as ’n maand op te­rug­voe­ring oor die kwes­sie.

“Ek weet van 150 stu­den­te wat ge­druip het en 102 se pun­te is nog nie reg­ge­stel nie.”

Mar­tin Ra­mots­he­la, U­ni­sa­woord­voer­der, het Maan­dag ge­sê U­ni­sa sou gis­ter kom­men­taar le­wer, maar hy het teen druk­tyd nog nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.