Lik­ke­waan met drie po­te sterk goed aan

Beeld - - Nuus - Simon Son­ne­kus Fo­to’s: FA­CE­BOOK

’n Lik­ke­waan waar­van ’n poot ge­breek is toe ’n vrag­mo­tor oor hom ge­ry het, sterk goed aan in die rep­tiel­park waar hy nou woon.

On­ge­luk­kig moes Bru­tus, soos Ja­son Stewart, ei­e­naar van die Per­ry’s Brid­ge-rep­tiel­park in Ha­zy­view, hom noem, se poot ge­am­pu­teer word.

Stewart sê Bru­tus is 1,89 m lank en weeg by­na 20 kg.

“Hy is al by­na twee we­ke hier en die wond word mooi ge­sond,” sê Stewart.

Mar­cel­le Hoff­man, in­spek­teur van M­bom­be­la (Nel­spruit) se DBV, sê sy het ge­sien hoe die vrag­mo­tor Bru­tus op die S­choe­mans­kloof-pad tus­sen Ma­cha­do­dorp en M­bom­be­la in M­pu­ma­lan­ga tref. Sy het da­de­lik uit haar mo­tor ge­spring om te help.

“Ek was op pad te­rug van ’n pad­stal waar men­se bob­be­jaan­tjies ver­koop en het die dier in die pad ge­sien. Ek het aan­vank­lik ge­dink dit is ’n groot blou­aap wat deur die vrag­mo­tor ge­trap is. Toe ek sien hoe tol hy om die wiel, het ek on­mid­del­lik uit­ge­spring om die ver­keer te stop. Eers toe ek na­der ge­gaan het, het ek be­sef dat dit ’n lik­ke­waan is,” sê Hoff­man.

Sy sê sy het met be­hulp van an­der mo­to­ris­te ’n hou­er ge­kry om die reu­se-rep­tiel in te ver­voer.

“Die hou­er was om­trent ’n me­ter lank en ons moes baie sta­dig – am­per soos in ’n wors­ma­sjien – sy stert daar in­kry. Ek het daar­die dag ge­leer hoe ak­ku­raat ’n lik­ke­waan met sy stert kan slaan.”

Hoff­man sê sy het Bru­tus ná die voor­val na die Van Wi­jk­straat-vo­ël-en-die­re­kli­niek in M­bom­be­la ge­neem om X-stra­le van sy poot te laat neem.

“Dr. Jaco Coet­zee het ná raad­ple­ging met kun­di­ges be­sluit dit is die bes­te vir Bru­tus dat sy poot ge­am­pu­teer word,” sê sy.

Hy is daar­na na die rep­tiel­park ge­neem om in die ge­sel­skap van ’n ou­er lik­ke­waan­wy­fie aan te sterk.

“Ek was Maan­dag by hom om te kyk hoe dit met hom gaan en hy is lek­ker cheeky. Hy was nie bly om my te sien nie en het met sy stert na my ge­mik,” sê Hoff­man.

Stewart sê die vol­gen­de stap sal wees om te kyk of Bru­tus weer in die na­tuur kan oor­leef.

“Tans bly hy in ’n hok. Ons sal nou be­gin vas­stel of hy weer daar bui­te kan oor­leef en self kos kan vang,” sê hy.

Hoff­man sê ver­skeie rep­tiel­ken­ners het aan die vee­art­se ge­sê dat hul­le al lik­ke­wa­ne met slegs drie po­te in die na­tuur ge­sien het. “Ons wil Bru­tus nie aan­hou nie. Die bes­te sal wees om hom weer in die na­tuur vry te laat.”

Ja­son Stewart van die Per­ry’s Brid­ge­rep­tiel­park in Ha­zy­view sê hul­le sal bin­ne die vol­gen­de paar we­ke be­sluit of Bru­tus sterk ge­noeg is om in die na­tuur te oor­leef.

Bru­tus die lik­ke­waan het ná ’n on­der­on­sie met ’n vrag­mo­tor net drie van sy po­te oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.