SA mors ’n der­de van al sy kos

HULP­BRON­NE, WA­TER EN GELD SÓ VERSPIL

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

’n Der­de van al­le kos in SuidA­fri­ka word ver­mors.

Die groot­ste ver­mor­sing is al vroeg in die voed­sel­ver­skaf­fings­ket­ting, lui ’n ver­slag van die Wê­reld­na­tuur­fonds (WWF) in Suid-A­fri­ka.

El­ke jaar word so­wat 10 mil­joen ton kos ver­mors. Dit is ’n der­de van die 31 mil­joen ton wat jaar­liks in Suid-A­fri­ka ge­pro­du­seer word.

Vrug­te, groen­te en graan maak saam so­wat 70% van die ver­mor­sing en ver­lies uit, sê die WWF. Hy het van­dees­week sy ver­slag met die jong­ste sta­tis­tie­ke oor voed­sel­ver­lies en -af­val uit­ge­reik.

Dit blyk die drie groot re­des waar­om kos ver­mors word, is:

■ Groot­skaal­se ver­ste­de­li­king, wat die vraag na kos en die uit­brei­ding van die land­bou­sek­tor ver­snel het;

■ Meer ge­di­ver­si­fi­seer­de di­ë­te en die ver­bruik van kos wat meer hulp­bron­in­ten­sief is; en

■ Glo­ba­li­se­ring en wê­reld­han­del, wat ’n toe­na­me in ver­werk­te goe­de­re ver­oor­saak en in­ter­na­si­o­na­le me­de­din­ging ver­sterk.

Die kos­soor­te wat die mees­te ver­mors word, is groen­te en (44%), graan (26%), vleis en sui­wel (15%) en wor­tels, knol­le en o­lie­sa­de (13%).

In Suid-A­fri­ka is die ver­mor­sing en ver­lies hoof­saak­lik vroeg in die voed­sel­ver­skaf­fings­ket­ting.

’n Vyf­de van Suid-A­fri­ka se wa­ter word ge­bruik vir kos wat ver­mors word.

Die ver­mors­te wa­ter sal

600 000 O­lim­pie­se swem­bad­dens kan vul, lui die ver­slag.

Aan­ge­sien boer­de­ry 62% van die vars wa­ter in die land ge­bruik, is dit ’n groot ver­spil­ling van skaars wa­ter­bron­ne in die 30ste droog­ste land op die pla­neet, sê die WWF.

Vol­gens ’n stu­die wat in Rus­ten­burg ge­doen is, kom 27% van die huis­hou­de­li­ke af­val uit la­e­in­kom­ste­ge­bie­de, 13% uit mid­del­klas­ge­bie­de en 17% uit ho­ër­vrug­te in­kom­ste­ge­bie­de.

“Hoe­wel lae-in­kom­ste­groe­pe waar­skyn­lik in die al­ge­meen min­der ver­bruik, word meer kos in dié ka­te­go­rie ver­mors as deur men­se wat be­ter daar­aan toe is.”

Een van die re­des daar­voor kan ’n ge­brek aan be­hoor­li­ke ber­gings­ge­rie­we, soos ys­kas­te, wees.

Die kos­te van die e­ner­gie wat daar­deur ver­mors word, is so­wat R1 mil­jard, lui die ver­slag.

On­ge­veer 90% van die af­val in Suid-A­fri­ka word op stor­tings­ter­rei­ne weg­ge­gooi.

“Die feit is dat dié vlak van voed­sel­ver­lies en af­val nie vol­hou­baar is nie. Dit het ’n im­pak op die me­de­din­gend­heid van die Suid-A­fri­kaan­se kos­be­dryf. Dit is ook ’n ver­mor­sing van waar­de­vol­le hulp­bron­ne.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.