Her­rie oor uit­dun van Rob­ben­ei­land se her­te

Beeld - - Nuus -

Die Rob­ben­ei­land­mu­seum wil die dam­her­te op die ei­land van 450 tot 400 uit­dun, maar ’n om­ge­wings­druk­groep wil hul­le her­ves­tig.

Die mu­seum sê in ’n ver­kla­ring die “ver­woes­ting van die plan­te­groei” is so­da­nig dat die her­te uit­ge­dun moet word.

Vol­gens die Deer Res­cue Al­li­an­ce is die ei­land vuil en vol plas­tiek en ver­hon­ger die die­re om­dat hul ge­tal­le nie be­hoor­lik vol­gens die plan­ne van 2008 be­stuur word nie. Daar is by­voor­beeld vir die ha­se ge­boor­te­be­per­kings­mid­dels ge­koop, maar dit is glo nooit ge­bruik nie.

Tal­le men­se het aan­ge­bied om die her­te te her­ves­tig, maar die mu­seum wil niks hoor nie, het Ci­ce­ly Blum­berg, stig­ter van die al­li­an­sie, gis­ter ge­sê. “Ons ver­moed die vleis is aan ie­mand be­lo­we.”

Die mu­seum sê in die ver­kla­ring die Wet op Bi­o­di­ver­si­teit be­heer die her­ves­ti­ging van ek­so­tie­se en in­drin­ger­die­re bin­ne die lands­gren­se.

“Dit ver­oor­saak by­ko­men­de trau­ma vir die die­re en dit sou bui­ten­spo­rig duur wees. Dié geld kan be­ter aan in­heem­se die­re be­stee word.”

Blum­berg sê die die­re is reeds ge­trau­ma­ti­seerd en ver­hon­ger. “17 is reeds ge­skiet en ons het be­wy­se dat van hul­le ge­kwes is. Dít is on­wet­tig.”

Die mu­seum sê die die­re eet plas­tiek en daar­om kan hul­le nie her­ves­tig word nie.

“Hul­le eet plas­tiek om­dat daar nie kos is nie,” sê Blum­berg.

Die al­li­an­sie oor­weeg dit om hom tot die hof te wend. Die mu­seum wou gis­ter nie by­ko­men­de vrae be­ant­woord nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.