Tie­ner sterf ná skoot toe 2 speel met diens­pis­tool

Beeld - - Nuus - A­ne­na Bur­ger

Die Ro­se­da­le-po­li­sie­kan­toor in U­ping­ton on­der­soek die dood van ’n leer­ling aan die Ho­ër­skool U­ping­ton in ’n skiet­voor­val.

Kapt. Ja­c­ques Sep­tem­ber, po­li­sie­woord­voer­der, sê Ma­ve­rick Links (14) en ’n maat (10) het na be­we­ring Maan­dag­mid­dag by hul huis met ’n vuur­wa­pen ge­speel.

Die maat en sy ou­ers woon in ’n woon­stel op die Links-ge­sin se erf.

Die seuns het na be­we­ring met die diens­pis­tool van die tien­ja­ri­ge seun se pa ge­speel toe ’n skoot uit die vuur­wa­pen ge­vuur is.

Sep­tem­ber sê dit is nog on­se­ker hoe die skoot af­ge­vuur is.

Ma­ve­rick is op die to­neel dood. Vol­gens Sep­tem­ber is die tien jaar oue seun erg ge­trau­ma­ti­seer en is hy ná die voor­val na ’n plek van vei­lig­heid ge­neem.

’n Klag van die na­la­ti­ge ber­ging van ’n vuur­wa­pen word teen die tien­ja­ri­ge seun se pa on­der­soek.

Ri­aan Kot­zé, hoof van die Ho­ër­skool U­ping­ton, het Ma­ve­rick, ’n gr. 8-leer­ling, gis­ter­og­gend as ’n vro­li­ke seun be­stem­pel.

Dit is die twee­de leer­ling aan die skool wat die af­ge­lo­pe maand dood is. Brandon Roux (18) is op 3 Ju­lie weens ver­moe­de­lik ’n te­kort aan suur­stof dood na­dat ’n gas­wa­ter­ver­hit­ter ge­lek het.

Kot­zé sê dit is al­tyd vir leer­lin­ge moei­lik om die dood van ’n an­der leer­ling te ver­werk.

“Ma­ve­rick het al­tyd ge­glim­lag en was ’n baie be­leef­de kind.”

Hy sê ver­al Ma­ve­rick se klas­maats is ge­skok.

“Dit was vir hul­le baie erg, want hy was Maan­dag nog by die skool, op­ge­wek en vro­lik soos al­tyd. Hul­le het ge­dink hy was maar laat vir skool van­og­gend (gis­ter).”

Kot­zé het gis­ter ’n be­ra­der en ’n pre­di­kant ge­vra om die kin­ders by te staan.

“Hul­le het so­veel vrae en dit breek ’n mens se hart,” sê hy.

Ma­ve­rick was baie ge­liefd on­der sy maats en die on­der­wy­sers.

Kot­zé sê hy was ’n goeie leer­ling en ook ’n kra­ni­ge krie­ket- en gholf­spe­ler.

Ed­win Wilf­red, Ma­ve­rick se gholfin­struk­teur, sê op Fa­ce­book dat hy ’n rol­mo­del vir baie an­der kin­ders was.

“Toe ek gis­ter die ty­ding kry dat jy nie meer met ons is nie . . . het dit my reg­tig ver­plet­ter . . . Niks het net meer vir my sin ge­maak nie. Ek vra my steeds af hoe gaan ons nou ver­der met ons gholf­klas­se son­der jou,” skryf Wilf­red.

Ma­ve­rick word deur sy ou­ers, Ja­c­ques en Ry­ta Links, oor­leef, as­ook sy broer, By­ron Links, wat aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit (Puk­ke) stu­deer. Sy ou­ers kon nie te­le­fo­nies be­reik word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.