Kom spin saam om só kin­ders in nood te help

Beeld - - Nuus -

Die Beeld-Kin­der­fonds se jaar­lik­se spi­nathon word op 9 Sep­tem­ber aan­ge­bied en jy kan nou in­skryf!

Die marathon vind van 08:00 tot 14:00 by die Cen­tu­ri­on Mall plaas.

Dit kos R150 per per­soon per uur om deel te neem. Die marathon duur ses uur en daar gaan 100 fiet­se wees! El­ke ses­sie duur 50 mi­nu­te.

Sa­ke­on­der­ne­mings word ge­nooi om span­ne in te skryf.

Meer in­lig­ting is be­skik­baar by www.beeld­kin­der­fonds.co.za, 011 976 2273 of e-pos in­fo@beeld­kin­der­fonds.co.za.

Die bor­ge wat die Beeld­Kin­der­fonds se spi­nathon op 9 Sep­tem­ber moont­lik maak, is Mar­tin Loots van JH Re­tief Ver­voer, Hein­rich Kemp van PVM, Ray­mond Se­ga­lo­di van Vi­r­gin Acti­ve, Wal­ter Fuls van M­zan­zi­ten­te, A­drie van S­ta­den van die Beeld­Kin­der­fonds en Mar­li S­trauss van die Cen­tu­ri­on Mall.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.