Doods­kis: 2 wou glo nóg ie­mand gaan ‘jag’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Een van die kla­ers in die so­ge­naam­de doods­kis­hof­saak het gis­ter ge­tuig hy is ’n “k **** r” ge­noem en aan­ge­rand.

Die twee be­skul­dig­des, Wil­lem Oost­hui­zen en T­heo Jack­son, het vol­gens Den­ton Sit­ho­le se ge­tui­e­nis la­ter ge­sê daar is ’n “an­der k **** r” op die plaas.

Hul­le het toe ge­ry om daar­die man te gaan “jag”.

Die staat voer aan Oost­hui­zen en Jack­son het Sit­ho­le en Vic­tor Mlotshwa op 17 Au­gus­tus 2016 aan­ge­rand met die doel om hul­le erns­tig te be­seer en dat hul­le Mlotshwa in ’n doods­kis ge­dwing het.

Oost­hui­zen en Jack­son het in hul pleit­ver­dui­de­li­kings ont­ken dat hul­le Sit­ho­le ooit te­ë­ge­kom of hom aan­ge­rand het.

Hul­le er­ken wel dat hul­le Mlotshwa in ’n doods­kis ge­dwing het, maar sê dít het op 7 Sep­tem­ber 2016 ge­beur – nie op 17 Au­gus­tus 2016 soos Sit­ho­le en die staat aan­voer nie.

Sit­ho­le het ge­tuig hy kan 17 Au­gus­tus 2016 ont­hou, want as kon­trak­myn­wer­ker het hy toe ’n af­dag ge­had. Die twee mans het hom voor­ge­keer toe hy op ’n paad­jie tus­sen mie­lie­lan­de deur ge­stap het. Hul­le het hom op­ge­laai, ge­dreig en aan­ge­rand en ge­sê hul­le “wil nie ’n k **** r op die plaas hê nie”.

Sit­ho­le was gis­ter teen­woor­dig toe die hof ’n on­der­soek ter plaat­se in die B­link­pan-dis­trik bui­te Mid­del­burg ge­doen het.

Adv. Way­ne Gibbs, na­mens Oost­hui­zen, wou weet of Sit­ho­le se­ker is die be­skul­dig­des is die men­se wat hy op 17 Au­gus­tus 2016 ge­sien het.

Sit­ho­le het ge­sê hy is se­ker. Na­dat die twee hom vry­ge­laat het, is hy nie po­li­sie toe nie, want hy was ver­ward.

Mlotshwa het la­ter aan hom ge­sê hy is in ’n “hou­er” ge­plaas.

Gibbs het ge­sê Oost­hui­zen en Jack­son se Land Crui­sers het al­bei op­spo­rings­toe­stel­le. Die C-track-ver­slae van hul rit­te sal toon die “voor­val” met Mlotshwa was nié op 17 Au­gus­tus 2016 nie, maar op 7 Sep­tem­ber en dat Oost­hui­zen se voer­tuig be­trek­lik ver was van waar Sit­ho­le sê dit op 17 Au­gus­tus was.

Die ver­hoor duur voort.

Fo­to: JACO MARAIS

Ja­son Ro­hde ver­le­de week by die land­dros­hof in S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.