S­pier­moord­saak: Húl­le ge­tuig

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

77 staats­ge­tui­es, on­der an­de­re die vrou met wie hy na be­we­ring ’n bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding ge­had het, gaan ge­roep word om teen Ja­son Ro­hde (45) te ge­tuig.

Jo­le­ne Al­terskye, die ver­meen­de min­na­res, is nom­mer 33 op die lys van staats­ge­tui­es.

Lew Gef­fen, Ro­hde se voor­ma­li­ge baas, en nog an­der oud­kol­le­gas gaan ook deur die staat ge­roep word om ge­tui­e­nis te le­wer.

Ro­hde staan te­reg op aan­klag­te van moord en regs­ver­y­de­ling.

Hy word daar­van be­skul­dig dat hy sy vrou, Su­san, op 24 Ju­lie 2016 op Sot­he­by’s In­ter­na­ti­o­nal Re­al­ty se jaar­lik­se kon­fe­ren­sie in hul ho­tel­ka­mer op die S­pier-land­goed bui­te S­tel­len­bosch ver­moor het.

Ro­hde was toe die uit­voe­ren­de hoof van Sot­he­by’s In­ter­na­ti­o­nal Re­al­ty in Suid-A­fri­ka.

Hy be­weer hy het daar­die og­gend sy vrou se lyk in die bad­ka­mer van hul ho­tel­ka­mer ge­vind.

Ro­hde se ver­hoor is ver­le­de week na die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad oor­ge­plaas. ’n Voor­ver­hoor is vir 18 Au­gus­tus ge­ske­du­leer en die ver­hoor moet op 9 Ok­to­ber be­gin.

Die staat gaan ook Des­mond Da­niels, nuts­man van die S­pier-land­goed, en Mark T­homp­son, een van Ro­hde se kol­le­gas, roep om te ge­tuig.

Da­niels het die og­gend van 24 Ju­lie die bad­ka­mer­deur, wat van bin­ne ge­sluit was, met ’n skroe­we­draai­er oop­ge­maak.

T­homp­son het nood­hulp gaan toe­pas.

An­der op die staat se ge­tui­e­lys is:

Dr. Ma­ri­an­ne Tie­mens­ma van die Vic­to­ria-hos­pi­taal in Wyn­berg se kli­nie­se fo­ren­sie­se een­heid.

Sy het ook ge­tui­e­nis ge­le­wer in die ver­hoor van Hen­ri van B­re­da, wat daar­van be­skul­dig word dat hy sy ou­ers, Mar­tin en Te­re­sa, en sy broer, Ru­di, in Ja­nu­a­rie 2015 in hul huis op die De Zal­ze-land­goed ver­moor het.

Kapt. Ma­ri­us Jou­bert, ’n ken­ner van mis­daad­to­ne­le en bloed­spat­sels van die po­li­sie se fo­ren­sie­se la­bo­ra­to­ri­um in Kaap­stad.

Jou­bert het in die G­rie­kwa­stad-moord­saak ge­tuig oor die volg­or­de van sko­te wat die eg­paar De­on en Chris­tel S­teen­kamp en hul dog­ter, Mart­hel­la, se dood ver­oor­saak het. Die S­teen­kamps se seun, Don, is weens die moor­de ge­von­nis.

S­peur­sers. Mar­lon Ap­pol­lis, on­der­soek­be­amp­te, en kol. De­on Be­ne­ke, S­tel­len­bosch se speur­hoof.

Ap­pol­lis is ook die on­der­soek­be­amp­te in die De Zal­ze­moor­de.

Dr. Ak­mal K­han, staat­spa­to­loog.

Al­terskye se vrien­din en kol­le­ga Si­mo­ny Dos San­tos.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Jo­le­ne Al­terskye, met wie Ja­son Ro­hde na be­we­ring ’n buit­eeg­te­li­ke ver­hou­ding ge­had het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.