Ryk e­mo­sie ’n wen­ner

FO­TO VAN DIE MAAND Deer­nis, teks­tu­re vas­ge­vang

Beeld - - Nuus -

Die wen­ner van Ju­lie se fo­to van die maand is Le­on Pel­ser van K­riel in M­pu­ma­lan­ga.

Die be­oor­de­laar­s­pan het ver­al ge­hou van die e­mo­sie en op­ti­mis­me wat die fo­to uit­beeld, on­danks die hart­seer om­stan­dig­he­de waar­in die on­der­werp van die fo­to hom be­vind.

Pel­ser slaag daar­in om ’n oom­blik van deer­nis tus­sen die man en sy hond vas te vang.

Daar is waar­dig­heid en hoop in Pel­ser se fo­to en die ky­ker er­vaar da­de­lik ’n ver­bin­te­nis met die on­der­werp, son­der om hom te be­jam­mer.

Die kom­po­si­sie is ook ryk aan teks­tuur, die verf wat af­skil­fer, die plooie op die man se vel, die sagt­heid van die hond se pels en die man se kom­bers.

Pel­ser wen R500.

Beeld gee ook eer­vol­le ver­mel­ding aan Wi­an Hu­man se fo­to van sy bok­ser­hond, Mag­gie, wat op die strand bal­jaar.

Die fo­to is ge­vul met be­we­ging, vi­ta­li­teit en Mag­gie se flap­pen­de hon­de­bek voeg ’n ko­mie­se e­le­ment by.

Hu­man wen R250.

Wil jy ook jou fo­to’s in Beeld sien en in aan­mer­king kom vir ’n kon­tant­prys?

Stuur jou fo­to só:

Stuur fo­to’s na nuus@beeld. com. Skryf in die on­der­werp­veld: “Beeld: My Wê­reld.”

Fo­to’s moet gro­ter as 1 MB wees en in ’n j­peg-for­maat ge­stuur word. Gee ons ’n kort be­skry­wing van waar die fo­to ge­neem is en wat die sto­rie ag­ter die fo­to is.

Verskaf ook die fo­to­graaf se vol­le naam en be­son­der­he­de, as­ook die stad of dorp waar hy/sy bly.

Let wel: Nie al­le fo­to’s word ge­plaas nie. Fo­to’s sal eers deur ’n re­dak­si­o­ne­le keu­rings­pro­ses gaan.

Beeld be­hou die reg voor om fo­to’s te pu­bli­seer en/of om die fo­to en die by­gaan­de ko­pie te re­di­geer.

Ko­pie­reg word deur die fo­to­graaf be­hou, maar as jy jou fo­to in­stuur, stem jy in dat Beeld die fo­to op sy web­werf, Net­werk24, in so­si­a­le me­dia, in ons nuus­brief en in die koe­rant se sus­ter­pu­bli­ka­sies mag pu­bli­seer.

Beeld be­hou die reg voor om die fo­to­gra­we en fo­to’s vir pro­mo­sie­doel­ein­des te ge­bruik wat be­trek­king het op die pro­mo­sie.

Re­spek­teer ko­pie­reg. Stuur slegs fo­to’s wat jy ge­neem het en wat jy ge­mag­tig is om te ge­bruik.

Fo­to: WI­AN HU­MAN Fo­to: LE­ON PEL­SER

Mag­gie die bok­ser bal­jaar op die strand. ’n Oom­blik van deer­nis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.