Ap­ple, Google ont­trek ver­han­de­lings­apps

Beeld - - Nuus - Ca­rien Gro­bler

Ap­ple en Google het hon­der­de apps vir bi­nê­re ver­han­de­ling van hul aan­lyn win­kels ver­wy­der na­dat die Aus­tra­lie­se vei­lig­heid­sen be­leg­gings­kom­mis­sie (A­sic) in­ge­gryp het om aan­lyn be­drog te be­kamp.

A­sic het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê ’n on­der­soek is ge­doen na app-win­kels, spe­si­fiek dié wat met so­ge­naam­de bi­nê­re ver­han­de­ling ge­as­so­si­eer word.

In die on­der­soek is meer as 330 apps ge­ï­den­ti­fi­seer wat deur en­ti­tei­te en in­di­vi­due aan­ge­bied is wat blyk­baar nie ge­li­sen­si­eer was nie.

Lui­dens die ver­kla­ring kwel die vol­gen­de A­sic:

Ver­skeie van die app-be­skry­wings be­vat mis­lei­den­de stel­lings oor die wins­ge­wend­heid van ver­han­de­ling en die hoe­veel­heid wins wat ge­maak kan word; en

Som­mi­ge web­tuis­tes wat in­lig­ting oor bi­nê­re ver­han­de­ling aan­bied, het bloot ten doel om per­soon­li­ke in­lig­ting by­me­kaar te maak wat vir be­mar­kings­doel­ein­des aan­ge­wend kan word.

“In ’n era waar die teg­no­lo­gie kan weg­steek wie die aan­bod doen en ’n pro­duk be­heer, is dit be­lang­rik dat ko­pers met ken­nis be­mag­tig is.

“As iets te goed lyk om waar te wees, is dit ge­woon­lik die ge­val,” maan A­sic.

■ ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.