Si­tu­a­sie in SA

Beeld - - Nuus -

Suid­A­fri­ka het ’n veel lan­ger pad om te stap as Eu­ro­pe­se lan­de.

Daar was be­gin van­jaar net meer as 300 e­lek­trie­se mo­tors in die land teen­oor 11 mil­joen met bin­ne­brand­en­jins. Die re­ge­ring het hom met die Pa­rys­ak­koord daar­toe ver­bind dat ons 2,9 mil­joen e­lek­trie­se mo­tors teen die jaar 2050 sal hê.

R6 500 mil­jard gaan in teg­no­lo­gie be­lê word om dit moont­lik te maak, be­rig Mail & Gu­ar­di­an.

E­lek­trie­se mo­tors ver­koop nog baie sleg, on­der meer om die vol­gen­de re­des:

Hul­le is veel duur­der as brand­stof­mo­tors om­dat nu­we bat­te­ry­teg­no­lo­gie nog duur is. Ver­vaar­di­gers ver­re­ken die feit dat hul­le by­na niks uit ver­sie­ning en on­der­de­le gaan ver­dien nie (daar is nie ’n en­jin wat ge­smeer moet word nie) waar­skyn­lik ook in die prys. In­voer­be­las­ting van 25% word ge­hef, teen­oor 18% op an­der in­ge­voer­de mo­tors. Boon­op moet ad va­lorum­be­las­ting be­taal word.

Hul­le het kort reik­af­stan­de en daar is heel­te­mal te min her­laai­pun­te. Meer pun­te word in die voor­uit­sig ge­stel en al hoe be­ter bat­te­ry­teg­no­lo­gie be­hoort dié pro­ble­me teen te werk. Maar Suid­A­fri­ka se lang af­stan­de, ver­ge­le­ke met Eu­ro­pe­se lan­de, by­voor­beeld, gaan reu­se­in­ves­te­ring verg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.