S­chreu­ders be­trek die ky­ker as on­der­soe­ker

Beeld - - Nuus - Jo­han My­burg The Bystan­ders – Clau­det­te S­chreu­ders S­te­venson, Jo­han­nes­burg

‘‘

Hoe o­pen­baar sy ook al mag staan, haar pri­vaat­heid dra sy soos ’n ge­heim, soos die skuld wat sy dra.

Clau­det­te S­chreu­ders het nie dik­wels so­lo-uit­stal­lings in Jo­han­nes­burg nie. Die laas­te een was Fa­mi­ly Re­la­ti­on in 2007 by War­ren Sie­brits toe hy nog sy ga­le­ry War­ren Sie­brits Mo­dern and Con­tem­po­ra­ry Art ge­had het, en voor dít Te­ken in 2003 by die des­tyd­se Art on Pa­per in Mel­vil­le.

The Bystan­ders is in meer as een op­sig ’n wel­ko­me uit­stal­ling in die noor­de. S­chreu­ders wys nie net vier nu­we beel­de nie, maar ook te­ke­nin­ge in a­kriel-ink op pa­pier én et­li­ke chi­ne-col­lé-li­to­gra­fieë. Boon­op bied die ruim­te op die vyf­de vloer van S­te­venson se ga­le­ry in Braam­fon­tein ’n oor­sig oor dié kuns­te­naar se beeld­hou­werk in die vorm van so­wat 70 li­to­gra­fieë ge­druk deur Mark At­wood, mees­ter­druk­ker van The Ar­tis­ts’ P­ress. Dit is die eer­ste keer dat dié li­to’s, wat da­teer van so ver te­rug as 2003, saam ver­toon word.

’n Be­lang­ri­ke uit­stal­ling vir S­chreu­ders én kuns­lief­heb­bers in Jo­han­nes­burg dus.

The Guil­ty Bystan­der in je­lu­tong met e­mal­je­verf (2017) is die spil­punt in dié uit­stal­ling – nie net om­dat sy so pro­mi­nent in die eer­ste groot ver­trek die aan­dag boei nie, maar ook om­dat sy in haar­self ge­daan­tes van vo­ri­ge Bystan­ders (2006 en 2008) en tal­le in­kar­na­sies van an­der soor­te bui­te­stan­ders ver­teen­woor­dig.

Ge­klee in ’n een­vou­di­ge rok met ’n her­ha­len­de ge­o­me­trie­se pa­troon staan dié bleek vos­haar­vrou han­de ag­ter die rug, haar blik ont­wy­kend el­ders. Son­der voet­stuk, plat­ge­voet op die vloer, staan sy met ’n kop vol sto­ries waar­toe die be­soe­ker, ver­nuf­tig soos wat hy of sy ook al mag wees, geen toe­gang kan kry nie. Hoe o­pen­baar sy ook al mag staan, haar pri­vaat­heid dra sy soos ’n ge­heim, soos die skuld wat sy dra.

As “skul­di­ge om­stan­der” staan sy los­weg, half on­ver­bon­de, op die ga­le­ry­vloer, as­of sy toe­val­lig daar is en e­ni­ge oom­blik kan ver­kas.

E­we­so die vrou wat in­ge­dag­te en vir e­wig ha­re staan en kam in Hair (2017) of die fi­guur wat in Spent (2017) die e­wig­heid in­slaap.

Nie­te­min het sy, soos al S­chreu­ders se beel­de, me­ta­fo­rie­se wor­tels wat haar an­ker in ’n vi­su­e­le ar­gief – dink maar aan die Wes-A­fri­kaan­se co­lon­beel­de, aan die 17de-eeu­se beel­de van die S­pan­jaard Pe­dro de Me­na en selfs beeld­jies so ver te­rug as die Ro­mein­se pe­na­te, die huis­go­de wat met­ter­tyd sim­bo­le ge­word het vir die voort­ge­set­te le­we van huis­ge­no­te. Of huis­lik­heid, soos die bud­jie op sy stok­kie (Bud­gie, 2017) sug­ge­reer.

In dié her­ken­ba­re fi­gu­re, han­de­lin­ge en hou­dings is dit die sorg waar­mee S­chreu­ders ge­stal­te gee wat op­val: Die on­be­han­del­de hout wat vel word, die kerf­werk wat teks­tuur gee en die verf­werk wat teks­tie­le word. Oor haar han­te­ring van skoei­sel sou ’n mens ’n op­stel kon skryf.

Waar haar li­to­gra­fieë as’t wa­re ’n op­te­ke­ning word van haar beel­de – met ’n grei­ne­ri­ge be­ko­ring van hul eie – is die agt a­kriel­te­ke­nin­ge twee­di­men­si­o­ne­le e­we­knieë van die beel­de. Ge­voe­lig vir lig, vir ska­du’s, kry dié fi­gu­re le­we, so­veel dat ’n mens voel as­of jy daar­om­heen wil stap. Soos met die beel­de.

Dié be­hoef­te word as’t wa­re moont­lik in No­te to Self (2017), drie nu­we chi­ne-col­lé-li­to­gra­fieë wat op die vyf­de vloer ver­toon word, ’n uit­son­der­li­ke reeks self­por­tret­te van die kuns­te­naar be­sig om aan­te­ke­nin­ge te maak. Die een van voor, die een van die kant en met ’n skuins blik op die laas­te een. Die pla­sing van die fi­gu­re in die mid­del van die vel­le wit pa­pier wek die­self­de ge­voel as wat ’n mens het met The Guil­ty Bystan­der: dié van die af­we­si­ge waar­ne­mer, die in­ge­keer­de on­der­soe­ker, die na­den­ken­de en­ke­ling.

En gaan­de­weg be­gin ’n mens jou­self in dié por­tret­te her­ken. As waar­ne­mer, as on­der­soe­ker . . .

■ Tot 11 Au­gus­tus

No­te to Self III (2017), ’n chi­ne­col­lé­li­to­gra­fie (90 cm x 64 cm) deur Clau­det­te S­chreu­ders.

.

The Guil­ty Bystan­der (2017), je­lu­tong, e­mal­je­ en o­lie­verf, deur Clau­det­te S­chreu­ders.

.

No­te to Self I (2017) ’n chi­ne­col­lé­li­to­gra­fie (90 cm x 64 cm) deur Clau­det­te S­chreu­ders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.