‘Hy kon skryf én hoof­rol speel’

Beeld - - Nuus -

Die dra­ma­turg en ak­teur Sam S­he­pard (73), wat Son­dag dood is, word on­der meer ont­hou as die man wat meer to­neel­stuk­ke as Wil­li­am S­ha­ke­spea­re ge­skryf het.

Met 44 to­neel­stuk­ke ag­ter sy naam het hy in sy loop­baan 13 O­bie-te­a­ter­pry­se ge­wen en in 1979 die Pu­lit­zer­prys vir sy to­neel­stuk Bu­ried Child.

Hy het in sy leef­tyd groot lof vir sy werk in­ge­oes, maar ook as mens het hy ’n in­vloed op tal­le an­der in die be­dryf ge­had.

Die ak­teur Et­han Ha­w­ke, on­der meer be­kend vir sy rol in die rol­prent De­ad Poets So­cie­ty, wat saam met S­he­pard in S­now Fal­ling on Ce­dars en in Ham­let ver­skyn het, noem S­he­pard in ’n ver­kla­ring ’n dig­ter van for­maat.

“Ek het in baie van sy to­neel­stuk­ke ge­speel en het die re­gie van A Lie of the Mind be­har­tig.

“Hy het twee keer my pa in rol­pren­te ge­speel. Som­mi­ge dae kon hy op­vlie­ënd wees, maar hy was die skry­wer in wie se werk e­ni­ge A­me­ri­kaan­se ak­teur van my ge­slag sy tan­de wou in­slaan. Dit is sag­kens ge­stel om te sê dat hy ge­mis sal word.”

The Gaur­di­an se te­a­ter­skry­wer, Mark La­won, skryf S­he­pard is die man wat Hol­ly­wood én Bro­ad­way oor­win het.

“Sam S­he­pard was mis­kien die e­nig­ste A­me­ri­kaan­se li­te­rê­re reus wat ’n groot rol­prent vir die groot skerm kon skryf én die ro­man­tie­se held daar­in kon ver­tolk.”

Vol­gens Law­son was S­he­pard se ta­len­te – skryf en to­neel­speel – kon­tras­te­rend.

S­he­pard se mees on­lang­se ver­sky­ning was in die Netflix­reeks B­lood­li­ne.

Sy eer­ste ses O­bie-te­a­ter­pry­se het hy ge­wen vir stuk­ke wat hy tus­sen 1966 en 1968 ge­skryf het.

Ná sy suk­ses op Bro­ad­way het hy sy hand ge­waag aan die skryf van draai­boe­ke. Sy oeu­vre sluit in Mi­chel­an­ge­lo An­to­ni­o­ni se Za­bris­kie Point en Ro­bert Franks se Me and My Brot­her.

Tal­le ak­teurs het op so­si­a­le me­dia hul­de aan hom ge­bring.

Die ak­tri­se A­lys­sa Mi­la­no het ge­twiet: “Rest with the an­gels, Sam S­he­pard. My con­do­len­ces to all that lo­ved him.”

Op die To­ny-te­a­ter­pry­se se T­wit­ter-blad het ook dié bood­skap ver­skyn: “He­art­bro­ken

. . . Sam S­he­pard has died. 2x @T­heTo­nyA­wards-nom’d pla­y­wrig­ht was an o­ri­gi­nal voi­ce and a t­he­a­t­re le­gend.”

Die ak­teur An­to­nio Ban­de­ras het ge­twiet:

“Je­an­ne Mo­reau, Sam S­he­pard, thank you for en­lig­h­ten us at 24 fra­mes per se­cond. RIP.”

Die CNN-ver­maak­lik­heid­s­kry­wer B­ri­an Lo­wry skryf S­he­pard het ’n de­fi­ni­tie­we streep tus­sen sy te­a­ter­werk en sy be­si­ge ka­len­der as ak­teur ge­trek.

“Hoe­wel S­he­pard ’n co­w­boy­styl na sy rol­le op die groot skerm ge­bring het, het hy eint­lik ve­le hoe­de ge­dra. S­he­pard se skryf­werk, dik­wels oor don­ker on­der­wer­pe ra­ken­de die A­me­ri­kaan­se ge­sins­le­we, het nie oor­een­ge­stem met die per­so­na wat hy op die skerm voor­ge­hou het nie.”

Die dra­ma­turg, re­gis­seur en ak­teur Sam S­he­pard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.