Sek­ga­pa­ne volg in Yen­de se voet­spo­re

Beeld - - Nuus - El­re­tha B­ritz

Die Suid-A­fri­kaan­se te­noor Le­vy Sek­ga­pa­ne (26) van Kaap­stad volg in

Pret­ty Yen­de se voet­spo­re met die O­pe­ra­lia-wê­reld-o­pe­ra­kom­pe­ti­sie wat hy Sa­ter­dag ge­wen het. Die kom­pe­ti­sie is in­ge­stel deur Plá­ci­do Do­min­go.

Die kom­pe­ti­sie is vir die eer­ste keer in Ka­zak­stan ge­hou en wel in Asta­na. Yen­de het in 2011 ge­wen.

Sek­ga­pa­ne deel die pry­se met die Roe­meen­se so­praan A­de­la Za­ha­ria (29). Die an­der fi­na­lis­te in die kom­pe­ti­sie was Mar­co Ci­a­po­ni (I­ta­li­aan­se te­noor, 27), Le­on Kim (ba­ri­ton, Suid-Ko­rea) en Da­mi­a­na Miz­zi (so­praan, I­ta­lië, 32).

Sek­ga­pa­ne kom oor­spronk­lik van Kroon­stad. Hy het hon­der­de an­der jong san­gers uit­ge­stof. Die kom­pe­ti­sie is oop vir al­le o­pe­ra­san­gers tus­sen 18 en 32 jaar oud. Uit al die in­skry­wings is 40 fi­na­lis­te van oor die he­le wê­reld ge­kies. Daar was drie uit­dun­ron­des en ’n ga­la­kon­sert waar­aan al­mal deel­ge­neem het, het die ver­rig­tin­ge af­ge­sluit, be­rig R­hi­ne­gold Pu­blis­hing.

Sek­ga­pa­ne word on­der­rig deur Han­na van S­chalk­wyk. Sy het dit in ’n ver­kla­ring as won­der­baar­lik be­skryf dat twee san­gers van Suid-A­fri­ka nou die ge­sog­te prys ge­wen het.

het ver­le­de maand as volg oor Sek­ga­pa­ne ge­skryf: “Sek­ga­pa­ne het sy pro­fes­si­o­ne­le de­buut in 2014 ge­maak as Don Ra­mi­ro in Ko­bie van Rens­burg se pro­duk­sie van Ros­si­ni se La Ce­ne­ren­to­la. In 2015 het hy die ge­sog­te In­ter­na­si­o­na­le Hans Ga­bor Bel­ve­de­re­sang­kom­pe­ti­sie ge­wen en kort daar­na is hy in die sang­a­tel­jee van D­res­den se Sem­per­o­per in Duits­land op­ge­neem.

“Toe Eu­ro­pe­se o­pe­ra­hui­se hom links en regs rol­le be­gin aan­bied, het hy hom as vry­skut be­skik­baar ge­stel en se­dert­dien blom sy loop­baan.

“Hy het reeds hoof­rol­le in die be­lang­rik­ste o­pe­ra­hui­se ge­sing, on­der meer in Ber­lyn, Ham­burg, Ko­pen­ha­gen, O­slo en Pa­rys.

“Hy is ook ge­nooi na die groot Ros­si­ni-fees in Pe­sa­ro en die Do­ni­zet­ti-fees in Ber­ga­mo, al­bei in I­ta­lië.”

Le­vy Sek­ga­pa­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.