Kon­ser­ti­na en wee­moed van lank, lank ge­le­de

Beeld - - Kommentaar - Wil­helm Jor­daan

On­langs by die be­graf­nis van ’n fa­mi­lie­lid het ek weer be­leef hoe spon­taan ou ge­loofs­in­hou­de jou kan oor­rom­pel en ’n diep wee­moed bring oor lank, lank ge­le­de toe al­les so een­vou­dig was en mak­lik om te glo.

Met ’n kon­ser­ti­na in sy bruin­ge­bran­de han­de het ’n be­jaar­de pre­di­kant voor die be­graf­nis­gan­gers op ’n stoel gaan sit en met toe oë, as­of hy bid, “Wat ’n vriend het ons in Je­sus” en “Na­der my God by U” ge­speel. In her­in­ne­ring aan fa­mi­lie­sa­me­syn van vroe­ër tye.

Ek was op­eens be­droef, want die ge­drae me­lan­ko­lie van die kon­ser­ti­na het my ver te­rug­ge­neem na my kin­der­tyd en va­kan­sies by my ou­pa en ou­ma op hul plaas op Hoe­ko na­by La­di­smith – die plek waar die Swart­berg se don­ker skeu­re en klo­we op maan­lignag­te le­wens­ge­hei­me, By­bel­ver­ha­le en kon­treis­to­ries saam­voeg.

Én die plek waar plaas­wer­kers saans by hul vu­re in die diep stil­tes van die nag met kon­ser­ti­na, mond­fluit­jie en ki­taar hul le­wens­leed en vreug­des ge­stal­te ge­gee het.

Ek her­in­ner my die huis­gods­diens saans. By ’n sui­sen­de pa­raf­fien­lamp, om­ring van mot­te op soek na lig, het ons ge­sin die lie­de­re hier­bo ge­sing. En ook: “Mid­del­punt van ons ver­lan­ge /

Troos­ter van ons bang ge­moed . . .”; met my ou­ma se hoë dun stem­me­tjie voor­aan en die res van ons sle­pend en on­ge­lyk ag­ter­na.

Dit het moei­lik ge­raak om so te bly glo. Die “Mid­del­punt” lyk son­der punt as we­ten­skap­li­kes re­ken die mens is niks meer nie as die e­vo­lu­sie van ster­restof; maak­sels van kos­mie­se toe­val­lig­heid mil­jar­de ja­re ge­le­de. En die i­dee van ’n God is bloot ’n ga­we il­lu­sie om die werk­lik­heid van ’n koue, on­ver­skil­li­ge kos­mos te ver­dryf. “Vriend Je­sus” is maar net pu­re mens; ’n ge­lo­wi­ge rond­rei­sen­de e­van­ge­lis, ’n wys­heids­le­raar, ’n re­vo­lu­si­o­nêr, kruis­vaar­der vir die po­li­tiek, mens vir die me­de­mens, be­hen­di­ge o­ë­ver­blin­der en flam­bo­jan­te ska­re­trek­ker – soos Le­o­nard Co­hen, Bru­ce S­pring­steen, Ro­dri­gues, El­vis Blue en Jack Pa­row.

Maar uit die kon­ser­ti­na se wee­moed kom ook die ge­skenk van mis­te­rie – dat die tra­di­sie van ouds steeds die gram­ma­ti­ka van ge­loof kan wees; dat ver­nu­wend glo net “án­ders glo” is; nie ster­ker of swak­ker nie. Soos S­hei­la Cus­sons dit be­skryf:

“Dit kom wan­neer dit nie ver­wag / word nie: ’n aan­ra­king van die ver­stand / lig soos ’n veer, vlug­tig maar pre­sies . . . / iets wat die be­wus­syn tot / in die le­we tref, iets soos ’n sag­te sprong – / vreug­de, ver­ba­sing, vreug­de, her­ken­ning:”

Hoe ver ’n mens ook al ver­wy­derd raak van “die tra­di­sie” en ge­loof in­klee met an­der in­houd, sal die “sag­te sprong” van die mis­te­rie jou steeds ver­ras­send in­trek in die ge­bor­gen­heid van die kin­der­tyd. In die trant van Ma­rie Be­ster se ge­dig “De­kon­struk­sie”:

“Haal die wyn uit die wa­ter. / Haal die of­fer uit die kruis. / Laat La­sa­rus vir e­wig rus. / Laat die do­we klank­vry bly, / Die blin­de steeds sy kie­rie dra / Die ska­re hon­ger slaap. / Maar soms, net soms, / Wil ek weer sing: / Lie­we Je­sus sag en rein / Kyk na my U kind­jie k­lein.”

‘‘

Die ‘sag­te sprong’ trek jou in in die ge­bor­gen­heid van die kin­der­tyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.