Mi­nis­ters is ver­on­der­stel om ’n ge­we­te te hê

Beeld - - Kommentaar -

Die jong­ste bui­ten­spo­ri­ge re­ge­rings­uit­ga­we – dié keer van so­wat R300 000 so­dat mi­nis­ter Faith Mut­ham­bi se fa­mi­lie en vrien­de haar par­le­men­tê­re be­gro­tings­re­de in Kaap­stad kon by­woon – spreek nog­maals van ’n hard­vog­ti­ge blind­heid vir die swaar­kry van ge­wo­ne men­se.

Dalk dink Mut­ham­bi R300 000 is klein­geld. So­wat R246 mil­joen is al im­mers in die p­re­si­dent se eie N­kand­la-ag­ter­plaas uit­ge­gee, maar vir e­nig­ie­mand wat lands­be­lang eer­der voor­op­stel, is dit ’n e­nor­me en on­no­di­ge uit­ga­we.

Van­uit die te­sou­rie word daar nou al ja­re be­roe­pe op die re­ge­ring ge­doen om min­der aan luuk­ses te be­stee, maar dié voort­ge­set­te span­da­bel­heid met be­las­ting­geld bly ’n e­nor­me en deur­lo­pen­de frus­tra­sie.

In­tus­sen voel ge­wo­ne men­se die druk van moei­li­ke e­ko­no­mie­se om­stan­dig­he­de. Ge­sin­ne moet die rie­me ál dun­ner sny, on­der­ne­mings word ge­tref deur her­struk­tu­re­ring om te pro­beer be­spaar en die swaar­kry van dié wat geen be­gro­ting meer het om te sny nie, word net er­ger. In­tus­sen vlam op­stan­de op in die droë gras van ont­ne­ming en s­wak diens­le­we­ring.

Te mid­de van dit al­les re­ken men­se soos Mut­ham­bi in die Zu­ma-re­ge­ring dit is mo­reel aan­vaar­baar om e­nor­me uit­ga­wes aan rei­se, luuk­se mo­tors, hui­se, weel­de­ri­ge par­ty­tjies en uit­spat­ti­ge ho­tel­ver­blyf voort te sit. Wan­neer gaan dit stop?

Tel­kens word net skou­er­op­ha­lend ag­ter die mi­nis­te­ri­ë­le hand­boek ge­skuil. Laat dit nog­maals ge­sê word: Die mi­nis­te­ri­ë­le hand­boek weet níks van ge­wo­ne men­se se daag­lik­se swaar­kry nie. Dié hand­boek kan jou nie ’n ge­we­te be­sorg nie.

Die p­re­si­dent en al sy mi­nis­ters, aan die an­der kant, is wel ver­on­der­stel om van dié swaar­kry te weet. Húl­le be­hoort ’n mo­re­le oor­deel te kan vel oor die bui­ten­spo­ri­ge uit­ga­wes. Ver­ant­woor­de­li­ke mi­nis­ters sou dus self toe­ge­sien het dat bui­ten­spo­ri­ge uit­ga­wes nie in hul naam aan­ge­gaan word nie. Om­dat dít steeds nie ge­beur nie, moet die sloe­ren­de her­sie­ning van die hand­boek nou drin­gend af­ge­han­del word.

In­tus­sen moet Mut­ham­bi ook ver­dui­de­lik hoe dit ge­beur het én ge­dwing word om el­ke sent van die bui­ten­spo­ri­ge uit­ga­we wat in haar naam aan­ge­gaan is, aan die staats­kas te­rug te be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.