Be­las­ting­be­ta­lers kort ant­woor­de

Beeld - - Kommentaar - An­sa, Vry­staat

Ek dink die tyd van swyg oor wat reg­tig ag­ter po­li­tie­ke skerms aan­gaan, is nou ver­by.

Ons as be­las­ting­be­ta­lers wag gre­tig op ant­woor­de.

Nou­dat die ANC se pi­on­ne een vir een val, wil ons weet wie pres. Ja­cob Zu­ma steeds be­skerm. Dit is tog dui­de­lik dat bit­ter min men­se nog ver­troue in sy lei­er­skap het.

Waar­om moet ons wag op een­dag wan­neer daar dalk teen hom en al­mal op­ge­tree word wat saam met hom in die kor­rup­sie­aan­ty­gings ge­ïm­pli­seer word? Waar is adv. S­haun A­bra­hams, na­si­o­na­le di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging? Hoe­kom ant­woord hy ons nie wan­neer ons wil weet wie het wie ge­kaap nie? Hoe het die Gup­tas so ’n hou­vas op ons e­ko­no­mie ge­kry? Hoe­kom is dit tot nou toe­ge­laat? Swyg die ANC om­re­de hy weet dat skaak­mat sy voor­land is?

Tot­dat daar daad­werk­lik teen die be­skul­dig­des op­ge­tree word, sal ons geen ver­troue in ons lei­ers­korps hê nie.

Adv. S­haun A­bra­hams

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.