Met die koms van A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­me, het or­ga­ni­sa­sies soos die FAK be­gin om A­fri­kaan­se mu­siek te sa­ni­teer.

Beeld - - Middelblad -

Die eer­ste klank­op­na­me van ge­spro­ke A­fri­kaans is waar­skyn­lik Paul Kru­ger se stem wat ie­wers in die 1890’s deur ene Art­hur El­li­ot op ’n fo­no­graaf vas­ge­lê is. Dié op­na­me het eg­ter ver­lo­re ge­raak.

Die eer­ste op­na­me van A­fri­kaans wat be­waar ge­bly het, is een van ’n aan­tal lie­de­re – on­der meer die Trans­vaal­se Volks­lied – ge­sing deur Jo­han­nes J. S­mith in 1906.

S­mith was ’n taal­kun­di­ge wat in Lon­den gaan stu­deer het en daar deel van C. Lou­is Lei­poldt se vrien­de­kring ge­word het.

Te­rug in Suid-A­fri­ka sou hy die re­dak­teur van Huis­ge­noot word (in 1916) en la­ter as do­sent vir ’n jong H.F. Ver­woerd klas gee.

Die twee­de op­na­me van A­fri­kaans is óók in 1906 ge­maak, ook in Lon­den, maar deur Paul Roos se S­pring­bok­span wat op toer in En­ge­land was. Hul weer­ga­wes van lie­de­re soos “My ma­tras en jou kom­bers” en “Die een kant op en die an­der kant af” is as gram­mo­foon­plaat on­der die ti­tel S­pring­bok Cho­rus and War Cry uit­ge­reik.

Kort ná die Twee­de Boe­re­oor­log het men­se in Lon­den A­fri­kaans klaar­blyk­lik prik­ke­lend ge­vind. Daar was ’n aan­tal A­fri­kaans­spre­ken­de san­ge­res­se wat ’n le­we uit mu­siek daar kon maak.

’n E­nig­ma­tie­se fi­guur is Flo­riel Flo­ri­an, wat pla­te met op­na­mes van lie­de­re soos “Mam­ma, ‘k wil ’n man hê” in 1911 vry­ge­stel het.

Oor Flo­ri­an, met haar ek­so­tie­se naam en van, is on­ge­luk­kig min be­kend, maar een ge­ge­we is dat sy die helf­te van haar wins aan die suf­fra­get­tes, wat hul­self op mi­li­tan­te wy­se vir stem­reg vir vroue be­y­wer het, ge­skenk het.

’n Mens moet aan­neem dat sy i­ro­nies was met die sing van “Mam­ma, ‘k wil ’n man hê”.

In­su­lêr en re­sep­ma­tig

Hier­die is als wat ’n mens se­ker as tri­via sou kon af­maak. Wie stel nou be­lang in die eer­ste klank­op­na­mes in A­fri­kaans?

Die ant­woord op hier­die spe­si­fie­ke vraag is: S­chalk van der Mer­we, ook be­kend as Ka­ren Zoid se bas­ki­taar­spe­ler. Be­ne­wens sy werk as mu­si­kant is hy toe­val­lig ’n his­to­ri­kus wat sy dok­tors­graad oor die ge­skie­de­nis van A­fri­kaan­se mu­siek ge­doen het.

Hy het pas sy na­vor­sing as ’n boek ge­pu­bli­seer, on­der die ti­tel On Re­cord: Po­pu­lar A­fri­kaans Mu­sic and So­cie­ty, 1900-2017.

Ge­skied­kun­di­ges vind ple­sier daar­in om in die win­ter in Lon­den se ar­gie­we te sit en om dan deur dui­sen­de do­ku­men­te en op­na­mes te werk, net om ’n vraag te be­ant­woord: “Wat is die eer­ste klank­op­na­me wat deur ’n A­fri­kaans­ta­li­ge ge­maak is?”

Tot nou toe het al­mal (of dié wat in A­fri­kaan­se mu­siek­ge­skie­de­nis be­lang­stel) ge­dink dit was die S­pring­bok­span. Van der Mer­we het eg­ter be­paal dat S­mith se op­na­me vroe­ër daar­die jaar ge­maak is.

Ter­loops, die in­lig­ting oor Flo­ri­an kom uit ’n 1913-uit­ga­we van die B­ri­tish Jour­nal of Nur­sing. Dat ’n stuk van die ge­skie­de­nis van A­fri­kaan­se mu­siek in hiér­die joer­naal ge­vind sou word!

S­wak ge­skied­kun­di­ge boe­ke het ’n ge­neigd­heid om op pun­te­ne­ri­ge wy­se in de­tail vas te val. Goeie ge­skied­kun­di­ge boe­ke vra ’n gro­ter vraag en hou dan by his­to­rie­se ge­ge­wens om daar­die vraag te be­ant­woord. Dit ver­tel ’n sto­rie, ’n ver­haal, maar poog om ge­trou aan bron­ne te bly, wel we­ten­de dat ’n mens daar­die bron­ne in kon­teks moet lees en dat men­se wat skryf, nie al­tyd die waar­heid praat as hul skryf nie.

Van der Mer­we se gro­ter vraag is oor hoe­kom po­pu­lê­re A­fri­kaan­se mu­siek so in­su­lêr is.

So­veel daar­van klink só die­self­de, is só re­sep­ma­tig en is só ver­wy­der van die ge­skie­de­nis van A­fri­kaans en hoe A­fri­kaan­se mu­siek aan­vank­lik ge­klink het.

Te­wens, baie po­pu­lê­re A­fri­kaan­se lie­de­re is ver­taal­de “schla­ger”, of tref­fers, uit spe­si­fiek Duits­land, Ne­der­land en Oos­ten­ryk. Van der Mer­we ver­wys na Ca­ri­ke Keu­zen­kamp se tref­fer “Dis ’n land”, uit die 1980’s, as voor­beeld.

Dié prak­tyk is eg­ter steeds deel van ons mu­siek­land­skap, maar im­mers voer ie­mand soos Kurt Darren nou van sy kom­po­si­sies Duits­land en Bel­gië toe uit.

Gé ver­sus El­vis

Die boek be­vat ’n aan­tal in­te­res­san­te te­mas. Een daar­van is die ont­wik­ke­ling van klank­teg­no­lo­gie en die in­vloed wat dit op mu­siek ge­had het.

Aan­vank­lik moes Suid-A­fri­ka­ners wat dit kon be­kos­tig, Lon­den toe gaan om op­na­mes te maak.

Mu­siek is eers van 1912 af plaas­lik op­ge­neem. Baie hier­van was pa­tri­o­tie­se volks­lie­de­re en kerk­mu­siek, maar daar was ook stui­ti­ge en hu­mo­ris­tie­se nom­mers deur dans­or­kes­te.

Va­n­af 1919 het die uit­saai­we­se met die koms van die ra­dio die speel­veld weer ver­an­der, met men­se soos Chris B­lig­naut wat in die a­tel­jee kon op­tree.

Die koms van die bi­o­skoop het ge­maak dat van die mu­si­kan­te wyd be­kend ge­word het, en B­lig­naut het meer as 2 mil­joen pla­te in sy leef­tyd ver­koop.

Die stryd tus­sen En­gels­spre­ken­des en A­fri­kaans­spre­ken­des oor be­heer van die SAUK (aan­vank­lik ’n pri­va­te maat­skap­py ge­naamd die A­fri­can Bro­ad­cas­ting Cor­po­ra­ti­on) is ’n in­te­res­san­te sto­rie, met ’n keer­punt ty­dens die Twee­de Wê­reld­oor­log, toe baie van die En­gel­se per­so­neel oor­log toe is. As die kat weg is, is die muis baas . . .

’n An­der te­ma is die wis­sel­wer­king tus­sen A­fri­kaan­se mu­siek en an­der in­heem­se mu­siek. Só by­voor­beeld was Boe­re­mu­siek, ma­ra­bi en ghoe­ma­lied­jies baie na­by aan me­kaar, as­ook vor­me van jazz. Be­ne­wens Chris B­lig­naut was David de Lan­ge ’n be­lang­ri­ke fi­guur, en la­ter ook Ni­co Car­stens. K­wê­la as mu­siek­vorm was tot die 1950’s baie ge­wild on­der wit luis­te­raars.

Va­n­af die laat 1930’s, met die koms van A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­me, het or­ga­ni­sa­sies soos die FAK be­gin om A­fri­kaan­se mu­siek te sa­ni­teer. Hul­le het Boe­re­mu­siek as mu­siek vir la­e­klas­men­se ge­sien en la­ter ook wer­kers­klas­mu­si­kan­te soos die B­riels.

Ge­wil­de lie­de­re, soos dié van B­lig­naut en De Lan­ge, is nie in die FAK se sang­bun­del op­ge­neem nie. ’n Stui­ti­ge lied soos “Hou jou rok­sak toe” sou net nie deug nie – dis nie or­dent­lik ge­noeg vir be­skaaf­de A­fri­ka­ners nie.

Teen die 1960’s, toe die sen­sors ’n ste­wi­ge greep op die SAUK ge­had het, het daar ’n mas­sie­we ga­ping ont­staan tus­sen waar­na men­se aan­vank­lik ge­luis­ter het en wat oor die ra­dio ge­speel mog word. Baie men­se het eer­der na LM Ra­dio ge­luis­ter – Gé Kor­sten kon net nie by El­vis kers vas­hou nie.

Van die aan­vank­li­ke in­heem­se klan­ke in A­fri­kaan­se mu­siek en die wis­sel­wer­king tus­sen ma­ra­bi, ghoe­ma en k­wê­la het min in die amp­te­li­ke en ge­sa­ni­teer­de weer­ga­we oor­ge­bly.

Ál mag­te­lo­ser

Ek skryf nou vlug­tig oor ’n kom­plek­se en kleur­ry­ke ge­skie­de­nis.

Daar is na­tuur­lik die koms van mu­siek en li­riek – men­se soos Koos du P­les­sis, as­ook An­ton Goo­sen en Amanda S­try­dom – en la­ter die Vo­ël­vry-re­bel­le, waar­oor daar op in­te­res­san­te wy­se ge­skryf word. Meer on­lang­se ten­den­se word be­spreek, met ver­koop­sy­fers en dies meer.

In die boek vra Van der Mer­we hom­self die vraag af of san­gers met ’n o­pen­lik reg­se a­gen­da dalk nie min­der van ’n strui­kel­blok vir A­fri­kaan­se mu­siek is as die o­ën­skyn­lik a­po­li­tie­se hoof­stroom nie.

“Dit is groot­liks eks­klu­sief, dit pro­jek­teer wit be­voor­reg­ting en ver­my meest­al kon­struk­tie­we ge­sprek­voe­ring oor ont­wik­ke­ling en in­klu­si­wi­teit,” skryf hy.

Dan ver­wys hy na die toe­ëi­e­ning van bruin A­fri­kaan­se kul­tuur vir by­kans eks­klu­sief wit ge­ho­re, met ver­wy­sing na on­der meer die Ghoe­ma-toe­ken­nings.

Soos die boek ein­de se kant toe ge­staan het, het ek al hoe mag­te­lo­ser be­gin voel. Die na­si­o­na­lis­te was klaar­blyk­lik só suk­ses­vol met hul sen­suur dat daar bit­ter min van die aan­vank­li­ke teks­tuur en le­wens­krag­tig­heid van A­fri­kaan­se mu­siek in hoof­stroom-pop­mu­siek oor­ge­bly het – die soort mu­siek wat eie aan Suid-A­fri­ka en A­fri­kaans se oor­sprong is.

Die wit na­si­o­na­lis­te be­heer die staat nie meer nie, maar die A­fri­kaan­se mu­siek­mark is so ge­her­pro­gram­meer dat dit vol­stoom voort­dans op ver­taal­de oor­se­se tref­fers en re­sep­ma­ti­ge pop wat eint­lik e­ni­ge plek ter wê­reld ver­vaar­dig kon ge­wees het. Dat so­veel van die san­gers dit in A­fri­kaans doen, is nou maar net toe­val­lig.

Fo­to: JACO MARAIS

Li­a­ni May en Jay vroe­ër van­jaar op die A­fri­kaans is Groot­kon­sert in die Grand A­re­na, Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.