Goeie Nuus

Só her­stel jy ’n brug

Beeld - - Middelblad -

Soms brand jy ’n brug wat moei­lik weer her­bou kan word. Jy raak woor­de kwyt wat jy met al­les in jou­self wil te­rug­trek.

Maar die ska­de is ge­doen.

Hoe dan ge­maak?

Wel, die By­bel leer dat jy die min­ste moet wees. Jy moet gaan reg­maak as jy be­sef ie­mand het iets teen jou. So sê Je­sus in die Berg­re­de. Moe­nie wag tot­dat hul­le na jou toe kom nie.

Be­gin om die brug hier aan jou kant te her­bou. En stap ook som­mer daar­oor. Gaan sê jam­mer. Gaan leef din­ge reg. Dit is die reg­te ding om te doen. Dit is die pad van Chris­tus.

Is so ’n brug­bou-oe­fe­ning mak­lik? Ge­wis nie. Dit is mak­li­ker om daar­die men­se te pro­beer ver­my met wie jy nie oor die weg kom nie. Maar dit is nie die reg­te roe­te nie; ten min­ste nie as jy op Je­sus s’n leef nie.

Dan is dit die groot­ste vry­heid om brûe wat af­ge­breek is te her­bou en oor te steek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.