S­wak rand help JSE na re­kord­vlak

‘Nie juis ’n pres­ta­sie ná drie s­wak ja­re’

Beeld - - Middelblad - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die JSE het gis­ter ’n re­kord­hoog­te­punt be­reik van­weë die ver­swak­king van die rand die laas­te paar dae.

Die in­deks van al­le aan­de­le het op 55 390 pun­te ge­sluit. Dit is 183 in­deks­pun­te be­ter as sy vo­ri­ge hoogtepunt, wat Maan­dag be­reik is.

Ja­son Fors­sman, ’n fonds­be­stuur­der van Ashbur­ton In­ves­t­ments, sê in­ter­na­si­o­na­le mark­te het die laas­te tyd feit­lik el­ke dag op ’n hoogtepunt ge­sluit.

“Ons is eint­lik ’n bie­tjie laat om dié punt te be­reik. Die on­lang­se s­wak rand het ons nou tot hier ge­druk.”

Fors­sman meen mark­te wê­reld­wyd is tans op ’n hoogtepunt om­dat ren­te­koer­se in­ter­na­si­o­naal lan­ger as ver­wag laag bly.

Aan die be­gin van die jaar het die mees­te be­leg­gers ge­meen A­me­ri­ka se Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad sou ren­te­koer­se van­jaar

vin­ni­ger ver­hoog het.

I­zak O­den­daal, ’n be­leg­ging­stra­teeg van Old Mu­tu­al Mul­tiMa­na­gers, sê ’n mens sou ver­wag het dat die JSE die in­ter­na­si­o­na­le mark­te, wat goed vaar, sou volg, maar die plaas­li­ke beurs het by­na drie jaar lank niks ge­doen nie.

“Die vo­ri­ge hoogtepunt was meer as twee jaar ge­le­de, in A­pril 2015.

“Dit is nie eint­lik ’n pres­ta­sie om ná twee jaar weer ’n hoogtepunt te be­reik nie. ’n Mens gee eer­der am­per ’n sug van ver­lig­ting dat ons kon.”

Die in­deks is se­dert die be­gin van die jaar deur spe­si­fie­ke aan­de­le ho­ër ge­help.

Nas­pers, wat 20% van die in­deks uit­maak, het van die be­gin van die jaar af met 44% ge­styg.

“As ’n mens dit bui­te re­ke­ning laat, is die sty­ging nie so groot nie,” sê Fors­sman.

Die aan­deel­pry­se van an­der maat­skap­pye wat in die vo­ri­ge twee jaar sleg ge­vaar het, soos myn­maat­skap­pye, het ook van die be­gin van die jaar af 55 390,07 Gra­fi­ka24

sterk ge­styg.

Ang­lo A­me­ri­can se aan­deel­prys is nou 12% ho­ër as aan die be­gin van die jaar en 40% ho­ër as 12 maan­de ge­le­de.

BHP Bil­li­ton s’n is 10% ho­ër as aan die be­gin van die jaar en 42% ho­ër as 12 maan­de ge­le­de.

Die aan­deel­prys van die luuk­se­goe­de­re­groep Ri­che­mont, wat ook ’n groot deel van die in­deks uit­maak, is am­per 25% ho­ër as aan die be­gin van die jaar en 39% ho­ër oor 12 maan­de.

In Ju­lie het die in­deks van al­le aan­de­le met 7% ge­styg.

Fors­sman sê as Ju­lie se lo­pie bui­te re­ke­ning ge­laat word, het be­leg­gers die af­ge­lo­pe drie jaar nie werk­lik ’n op­brengs ge­kry nie.

Ver­al ge­no­teer­de klein­han­de­laars en ban­ke se aan­deel­pry­se het in Ju­lie ste­wig ge­styg. Die Mr Pri­ce-groep s’n het met 15% ge­styg en Stan­dard Bank s’n met 14%.

Of die JSE se sty­ging vol­hou­baar is, is ’n ope vraag, sê O­den­daal. Die JSE se on­lang­se pres­ta­sie is in groot ma­te aan hulp­bron­aan­de­le toe te skryf.

Ang­lo A­me­ri­can het in Ju­lie baie goeie re­sul­ta­te uit­ge­reik.

“Die wins­te van die res van die ge­no­teer­de maat­skap­pye op die JSE is reg­tig niks om oor huis toe te skryf nie. Dit is die plaas­li­ke maat­skap­pye wat hul brood en bot­ter hier ver­dien in ’n e­ko­no­mie wat s­wak is en suk­kel.”

Vol­gens O­den­daal is aan­de­le nog nie “su­per­goed­koop nie”.

“Op ’n his­to­rie­se grond­slag is die prys­ver­dien­ste­ver­hou­ding (pv) steeds 20 keer, wat hoog is. Dit is die di­lem­ma vir be­leg­gers. Hul­le het s­wak op­brengs­te ge­kry en nie die voor­de­le van aan­trek­li­ke waar­da­sies as aan­moe­di­ging om in die mark te klim nie.”

Fors­sman meen as die rand op so­wat R13 sta­bi­li­seer ter­wyl in­fla­sie nou be­gin af­neem, sal ver­al ver­brui­kers­aan­de­le aan­trek­lik be­gin lyk.

Hy meen nog ’n re­de waar­om die mark dalk ver­der kan styg, is dat dit on­der­pres­teer het teen­oor die wê­reld­mark­te weens die ster­ker rand en swak­ker plaas­li­ke om­ge­wing. ’n Swak­ker rand on­der­steun rand­ver­skan­sers se aan­deel­pry­se.

“Die ster­ker rand was een van die re­des hoe­kom die JSE nie die wê­reld­mark­te die af­ge­lo­pe 18 maan­de ho­ër ge­volg het nie. As ons nou ’n ef­fens swak­ker rand het, kan dit die JSE on­der­steun,” sê O­den­daal

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.