Re­ser­we­bank se rol aan LP’s ver­dui­de­lik

Beeld - - Middelblad - Fran­cois Wil­li­ams

Hoë in­fla­sie ver­min­der die koop­krag van lo­ne, spaar­geld en wel­syns­toe­lae. Dit skep on­se­ker­heid oor die toe­koms, ter­wyl lae in­fla­sie ’n sta­bie­le om­ge­wing vir be­leg­gings skep.

So het Le­setja K­ga­ny­a­go, p­re­si­dent van die Re­ser­we­bank, gis­ter aan par­le­ments­le­de ver­dui­de­lik waar­om die Re­ser­we­bank in­fla­sie­tei­kens het.

Dit kom te mid­de van kri­tiek deur vak­bon­de, die EFF en die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) in haar on­lang­se ver­slag waar­in sy sê die Re­ser­we­bank moet sy in­fla­sie­tei­kens laat vaar en eer­der daar­op fo­kus om die e­ko­no­mie te laat groei.

K­ga­ny­a­go het ver­dui­de­lik dat sen­tra­le ban­ke se rol tra­di­si­o­neel is om prys­sta­bi­li­teit en lae in­fla­sie te ver­se­ker. So­doen­de tree hul­le op in die be­lang van die sa­me­le­wing se e­ko­no­mie­se wel­stand.

Sen­tra­le ban­ke pro­beer in­fla­sie op ver­skil­len­de ma­nie­re be­heer. Een ma­nier is om in­fla­sie­tei­kens te stel en ’n an­der is met vas­te wis­sel­koers­stel­sels.

Die Re­ser­we­bank het laas­ge­noem­de ook op die proef ge­stel, sê K­ga­ny­a­go, maar dit het nie ge­werk nie en hom duur te staan ge­kom.

Hy het die voor­beeld ge­gee van Bra­si­lië wat van 1990 ’n in­fla­sie­koers van tot 316% ge­had het, maar se­dert hy in 1999 in­fla­sie­tei­kens in­ge­stel het, kon hy in­fla­sie tot 6,7% ver­laag.

Le­setja K­ga­ny­a­go

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.