E­ner­gie­fonds se di­rek­sie nié ge­skors – Ku­bayi

Beeld - - Middelblad -

M­ma­mo­lo­ko Ku­bayi, mi­nis­ter van e­ner­gie, sê sy het nié die di­rek­sie van die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds (SEF) ge­skors soos gis­ter­og­gend be­rig is nie.

Ku­bayi sê in ’n ver­kla­ring sy het wel op 26 Ju­lie brie­we aan die di­rek­teu­re ge­stuur waar­in sy ’n ver­kla­ring van se­ke­re pun­te vra.

Ku­bayi sê as aan­deel­hou­er van die SEF word se­ke­re van die vraag­stuk­ke met be­trek­king tot die be­stuur van dié staats­on­der­ne­ming as ver­trou­lik tus­sen die mi­nis­ter en die di­rek­sie be­stem­pel.

“In­dien dit no­dig word om ’n o­pen­ba­re aan­kon­di­ging oor e­ni­ge vraag­stuk te doen, sal die mi­nis­ter dit op ’n toe­pas­li­ke tyd doen,” lui die ver­kla­ring.

Die de­par­te­ment vra dat ’n wan­voor­stel­ling van die pro­ses by die SEF nie ge­gee word nie.

Bu­si­ness Day en Fin24 het gis­ter­og­gend be­rig dat ’n bron aan hul­le ge­sê het die di­rek­sie is ge­skors, in­slui­tend Lu­vo Ma­ka­si, voor­sit­ter, Mo­jale­fa Mo­a­gi, waarnemende uit­voe­ren­de hoof, Lu­fu­no Mak­hu­ba, fi­nan­si­ë­le hoof, en Abdul Haf­fe­jee, maat­skap­py­se­kre­ta­ris.

Die DA het vroe­ër die dag te vel­de ge­trek teen die “ui­ters ver­war­ren­de” stap om­dat die di­rek­sie aan­ge­stel is ná die om­stre­de ver­koop van 10,3 mil­joen va­te van die land se stra­te­gie­se brand­stof­voor­raad in De­sem­ber 2015.

Dié tran­sak­sie was toe Ti­na Joe­ma­tPet­ters­son nog mi­nis­ter van e­ner­gie was.

Die o­lie is ver­koop son­der die ver­eis­te toe­stem­ming van die te­sou­rie en glo ver on­der die mark­waar­de daar­van ver­koop. Dit is die on­der­werp van ’n on­der­soek by die SEF en die Sen­tra­le Brand­stof­fonds.

– Han­lie S­tad­ler

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.