Bank­li­sen­sies:

Beeld - - Middelblad -

Ku­ben Nai­doo, ad­junk­pre­si­dent van die Re­ser­we­bank, sê hul­le be­skou dit nie as ’n be­lan­ge­bot­sing dat ’n pri­va­te aan­deel­hou­er in die Re­ser­we­bank om ’n bank­li­sen­sie aan­soek doen nie.

Dit was na­dat David May­nier, DA­woord­voer­der oor fi­nan­sies en lid van die par­le­ment se staan­de ko­mi­tee oor fi­nan­sies, hom daar­op ge­wys het dat A­dri­an Go­re, uit­voe­ren­de hoof van Dis­co­ve­ry, ’n pri­va­te aan­deel­hou­er in die Re­ser­we­bank is, ter­wyl Dis­co­ve­ry tans be­sig is om ’n bank­li­sen­sie te be­kom.

Nai­doo sê die pri­va­te aan­deel­hou­ers het geen in­sae in en in­vloed op die Re­ser­we­bank se daag­lik­se be­dry­wig­he­de en be­leid nie.

Die Pos­t­bank en Ty­me, waar­in die Com­mon­we­alth Bank of Aus­tra­lia ’n meer­der­heids­aan­deel­hou­er is, vra ook tans bank­li­sen­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.