RB Pla­ti­num ly ver­lies in half­jaar

Beeld - - Sake - El­vi­ra Wood

’n Ster­ker rand en een­ma­li­ge her­struk­tu­re­rings­kos­te het was van die re­des waar­om Roy­al Ba­fo­keng Pla­ti­num (RBPlat) in die half­jaar tot ein­de Ju­nie ’n ver­lies ge­ly het.

Die maat­skap­py, wat pla­ti­num na­by Rus­ten­burg in Noord­wes myn, het gis­ter ge­sê hy het ’n we­sens­ver­lies van 15,3c per aan­deel ge­ly teen­oor ’n we­sens­ver­dien­ste van 77,8c in die eer­ste helf­te van ver­le­de jaar.

Hoe­wel hy 14,3% meer erts ont­gin het, was die mand­jie­prys van die pla­ti­num­groep­me­ta­le (PGM’e) in rand in die ses maan­de by­na 10% la­er weens die rand se ver­ste­wi­ging teen­oor die dol­lar.

Hy het in die ses maan­de ge­mid­deld R17 745 per ons PGM’e ver­dien ver­ge­le­ke met R19 680 in die eer­ste half­jaar van ver­le­de jaar. Dit was ver­ant­woor­de­lik vir 41,7c van die da­ling in die we­sens­ver­lies per aan­deel.

Daar­by het RBPlat ’n een­ma­li­ge be­drag van R57,1 mil­joen aan die her­struk­tu­re­ring van be­dry­wig­he­de be­stee wat 14,3c tot die da­ling in die we­sens­ver­lies per aan­deel by­ge­dra het.

Sy her­struk­tu­re­rings­plan­ne was daar­op ge­mik om sy vas­te kos­te te ver­laag en om die ge­hal­te van sy in­kom­ste­stroom te ver­be­ter. Dit word ge­doen deur die nie­wins­ge­wen­de ont­gin­ning in die UG2-rif in die Suidskag van sy BRPM-myn te sluit en te fo­kus op die Me­ren­sky-rif in die Suid- en die Noord­skag wat van ’n ho­ër graad is.

In die pro­ses is 60% van sy ar­beids­mag wat by die UG2rif ge­werk het, na die Me­ren­sky-be­dry­wig­he­de ge­skuif. Dit is ein­de Ju­lie, ná die ein­de van die half­jaar, af­ge­han­del.

RBPlat het aan die ein­de van die half­jaar 587, of 8,1%, meer wer­kers as in die oor­een­stem­men­de half­jaar in diens ge­had. Sy to­ta­le ar­beids­mag staan nou op 7 849 wer­kers.

Die maat­skap­py het om­skep­ba­re skuld­brie­we ter waar­de van R1,2 mil­jard uit­ge­reik en ’n skuld­ge­rief van R2 mil­jard ge­kry. Dit sal ge­bruik word om die pro­duk­sie van die S­tyl­drift

I-pro­jek tot 150 000 ton per maand te ver­hoog.

Hy het reeds R778 mil­joen in die half­jaar aan dié pro­jek be­stee. Die pro­jek sal na ver­wag­ting teen die ein­de van 2018 vol­tooi wees.

RBPlat sê hy ver­wag dat sy her­struk­tu­re­ring oor die vol­gen­de ses maan­de vrug­te sal dra.

Gis­ter net ná 15:30 was die aan­deel­prys 1,37% la­er op R30,27.

Fo­to: VERSKAF

Die UG2­rif, waar RBPlat sy be­dry­wig­he­de nou be­gin af­skaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.