‘Ons het Po­po Mo­le­fe by Pra­sa no­dig,’ sê Ou­ta

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Die Or­ga­ni­sa­sie teen Be­las­ting­mis­bruik (Ou­ta) het Po­po Mo­le­fe ge­loof vir sy stryd teen kor­rup­sie in sy ter­myn as voor­sit­ter van die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa).

Mo­le­fe se drie­jaar­ter­myn het Maan­dag ver­stryk, saam met dié van die res van die di­rek­sie. Dit is nie her­nieu nie.

Ben Theron, be­dryfs­hoof van Ou­ta, sê hul­le het by Joe Mas­wan­ga­nyi, mi­nis­ter van ver­voer, ge­pleit om Mo­le­fe se ter­myn te ver­leng “so­dat hy sy goeie werk kan voort­sit”.

Ou­ta het Maan­dag ’n hoog­ge­regs­hof­aan­soek ge­bring om in te gryp in die on­der­soek na be­we­rings van mil­jar­de ran­de wat deur die toe­ken­ning van ver­dag­te kon­trak­te by Pra­sa ge­steel is.

Theron sê Pra­sa is een van die staats­on­der­ne­mings wat as “kon­tant­koei” vir staat­skaping dien.

“Ons het ’n eer­li­ke, streng en hard­wer­ken­de di­rek­sie no­dig wat be­reid is om o­pen­ba­re ba­tes te be­vei­lig en kor­rup­sie te be­veg. Ons het Po­po Mo­le­fe in daar­die di­rek­sie no­dig,” meen hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.