Bul­le nie lus om net voor­ge­reg te wees

CURRIEBEKER Sê nee vir Leeus se ver­soek vir skuif

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die Blou Bul­le se rug­by­ba­se wou nie byt aan die Goue Leeus Rug­by­u­nie se ver­soek om Sa­ter­dag se Cur­rie­be­ker­wed­stryd op Lof­tus Vers­feld na El­lis­park te ver­skuif en dit as ’n voor­wed­stryd vir die Su­per­eind­stryd tus­sen die Leeus en die Cru­sa­ders te laat dien nie.

Ru­dolf S­tra­eu­li, die uit­voe­ren­de hoof van die Leeus, het ’n soort­ge­ly­ke ver­soek aan die Vry­staat Rug­by­u­nie ge­rig dat die o.19-krag­me­ting wat Sa­ter­dag in Bloem­fon­tein tus­sen dié span­ne ge­speel word, ook na El­lis­park ge­skuif word.

Soos in die Blou Bul­le se ge­val, is die ver­soek van die hand ge­wys.

“Ek kan die Bul­le en die Vry­staat se po­si­sie in­sien en as ek in hul skoe­ne ge­staan het, sou ek se­ker die­self­de ge­doen het.

“Van ons kant af is daar net ge­dink dat hier­die só ’n spe­si­a­le ge­leent­heid is en dat dit goed sou wees in­dien daar­die wed­stry­de as voor­wed­stry­de vir die Su­per-eind­stryd kon dien. Dit sou uit­ein­de­lik deur veel meer toe­skou­ers dop­ge­hou kon word,” het S­tra­eu­li ge­sê.

In­dien die Bul­le be­reid sou wees om die krag­me­ting te skuif, sou die Leeus hul tuis­wed­stryd op 16 Sep­tem­ber dan op Lof­tus Vers­feld gaan speel het.

“Ek ver­staan ten vol­le dat dit baie moei­lik sou wees om op só kort ken­nis­ge­wing ’n tuis­wed­stryd vir hul­le te moes skuif.

“Daar is ui­ter­aard al kaar­tjies ver­koop vir Sa­ter­dag se wed­stryd op Lof­tus en daar is ook heel­wat an­der din­ge wat in be­re­ke­ning ge­bring sou moes word,” sê S­tra­eu­li.

Wat die Su­per-eind­stryd aan­be­tref het S­tra­eu­li ’n be­roep op on­der­steu­ners ge­doen om so vroeg as moont­lik El­lis­park toe te gaan.

Die eind­stryd be­gin reeds om 16:00.

Al die kaar­tjies vir die wed­stryd is reeds uit­ver­koop en daar word 62 000 toe­skou­ers by die eind­stryd ver­wag.

Die san­ger A­dam Tas tree voor en ná die wed­stryd in die bier­tent op en daar sal ook allerlei an­der ver­maak vir oud en jonk wees.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Leeus kon nie die Blou Bul­le oor­tuig om Sa­ter­dag se Curriebeker­wed­stryd op Lof­tus Vers­feld na El­lis­park te skuif nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.