WP hou a­sem op oor Nots­he

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

... Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie hou voor Sa­ter­dag se Cur­rie­be­ker­rug­by­wed­stryd teen die Pu­mas op Nu­we­land a­sem op oor die los­voor­spe­ler Sik­hum­bu­zo Nots­he se seer knie.

“Nots­he het ’n spe­si­a­lis gaan spreek,” sê Da­wie Sny­man, die S­treep­truie se ag­ter­lyn­af­rig­ter.

Die goeie nuus is dat die WP van­dees­week ’n aan­sien­lik ster­ker span in die veld sal stoot as die een wat Son­dag ’n drag slae by die Vry­staat-C­hee­tahs in Bloem­fon­tein ge­kry het.

Et­li­ke spe­lers wat vir die S­tor­mers in die Su­per­reeks ge­speel het, is nie vir daar­die wed­stryd oor­weeg nie.

Nou het die WP eg­ter die op­sie om spe­lers soos die los­ska­kel Da­mi­an Wil­lem­se, die los­kop­stut JC Jan­se van Rens­burg, die bui­te­sen­ter EW Vil­joen en los­voor­spe­ler Ni­zaam Carr te kies.

“Ons sal die sterk­ste be­skik­ba­re span kies,” was al wat Sny­man be­reid was om te ver­klap oor die span­keu­se vir Sa­ter­dag se krag­me­ting.

Dít im­pli­seer eg­ter dat daar et­li­ke ver­an­de­rings aan die be­gin­span gaan wees.

Ter­wyl ’n mens sou ver­wag dat die WP nie sy sterk­ste span sal no­dig hê om die Pu­mas te klop nie, kan die S­treep­truie ná die ne­der­laag in Bloem­fon­tein nie kan­se waag nie.

“Dit is ’n baie be­lang­ri­ke wed­stryd. Ons moet nou aan die gang kom. Ek sal nie sê dat die Pu­mas ’n ‘k­lein’ span is nie. Hul­le is goed af­ge­rig, fi­siek en sal jou on­der druk plaas as jy nie op jou bes­te is nie.”

In dié sta­di­um is die WP se groot­ste uit­da­ging die feit dat hy nie kon­ti­nu­ï­teit het nie. Dit ver­skoon eg­ter nie ver­to­nings soos die af­ge­lo­pe na­week s’n nie.

“Ons het hard ge­werk aan die a­re­as waar ons ge­meen het ons nie goed ge­noeg was nie en ook ge­oe­fen om voort te bou op die goeie din­ge,” sê Sny­man.

Hy het daar­op ge­wys dat die WP ge­leent­he­de ge­had het wat nie in pun­te om­skep was nie. Dit kon met ’n bie­tjie meer ge­luk an­ders ge­wees het, maar die S­treep­truie sal ook moet leer om meer kli­nies te wees.

Met die lyn­sta­ne het dit ook nie wat­won­ders ge­gaan nie – ’n voort­set­ting van die pro­ble­me in die Su­per­reeks.

“Hoe meer ons saam speel, hoe be­ter sal dit gaan,” sê Sny­man.

“Wat ons nou no­dig het, is tyd saam op die oe­fen- en speel­veld.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Sik­hum­bu­zo Nots­he Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie is be­kom­merd oor die fiks­heid van dié los­voor­spe­ler.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.