Nie so mak­lik om nu­we Bolt te vind

Beeld - - Sport -

At­le­tiek moet har­der werk om hom­self te be­mark pleks van te wag dat die “nu­we Bolt” na vo­re kom.

So meen die A­me­ri­ka­ner Michael John­son, ’n voor­ma­li­ge O­lim­pie­se kam­pi­oen in die 200 en die 400 me­ter.

Met die Wê­reld­by­een­koms in Lon­den om die draai is daar al hoe meer be­spie­ge­ling oor wie U­sain Bolt se spy­ker­skoe­ne kan vol staan.

Dié Ja­mai­kaan­se su­per­ster het lank­al aan­ge­dui die Lon­den­se skou­spel gaan sy swa­ne­sang wees.

John­son sê jy het ie­mand no­dig wat at­le­tiek oor­heers én cha­ris­ma het, en dít is nie so mak­lik nie.

“Nie­mand oor­heers op so ’n vlak nie. Jy het ie­mand spe­si­aals no­dig wat per­soon­lik­heid be­tref.

“Na­dat ek op­hou hard­loop het, het nie­mand na vo­re ge­tree nie. Bolt het eers agt jaar la­ter op die to­neel ver­skyn,” sê John­son.

“As at­le­tiek­fe­de­ra­sies nie self in­spring en die s­port be­mark nie, en net saam­ry op die suk­ses­golf van ’n skit­te­r­at­leet, ja, dan sal dit moei­lik wees.”

Die le­gen­da­rie­se Bolt het die laas­te de­ka­de die na­el­loop­wê­reld sy­ne ge­maak en die 100 en 200 op die laas­te drie O­lim­pie­se S­pe­le oor­heers. Die vraag is nou wie sy plek op die 100 m-po­di­um kan oor­neem.

In dié sta­di­um val die man­tel op die Ka­na­dees And­re de Gras­se.

“Hy tree na vo­re wan­neer dit saak maak. Dit is die staal van ’n ve­te­raan. Selfs al is hy nog nie so lank in die s­port nie,” meen Jus­tin Gat­lin, wat op ver­le­de jaar se O­lim­pie­se S­pe­le twee­de ná Bolt ge­ëin­dig het.

Suid-A­fri­ka het ook ’n nu­we ge­slag ster­re, ge­lei deur A­ka­ni Sim­bi­ne en T­han­do Ro­to. Om­dat Suid-A­fri­ka se na­si­o­na­le by­een­koms in Maart ge­hou word, is dit dalk te veel van hul­le ge­vra om in Au­gus­tus weer hul top­peil te be­reik.

Bolt se uit­tre­de kan die deur oop­maak vir A­me­ri­ka­ners. Hul­le was lank ’n wê­reld­krag in na­el­lo­pe voor­dat Gat­lin en Ty­son Gay se op­kik­ker­ge­bruik hul­le op die ag­ter­grond ge­stoot het.

Chris­ti­an Co­le­man (21) het vroe­ër van­jaar 9.82 sek. in die 100 be­haal op die A­me­ri­kaan­se u­ni­ver­si­teits­by­een­koms. Dit is die vin­nig­ste tyd ter wê­reld van­jaar.

Tray­von Bro­mell was net 20 toe hy op 2015 se Wê­reld­by­een­koms die brons­me­dal­je ge­wen het.

Die uit­dun­ne in die 100 m be­gin Vry­dag­aand en vir die 200 m Maan­dag. – Reuters

Fo­to: GETTY IMAGES

Die cha­ris­ma­tie­se U­sain Bolt se plek op die at­le­tiek­to­neel gaan eers­daags leeg wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.