Mau­ger neem lei­sels by High­lan­ders

Beeld - - Sport -

Die voor­ma­li­ge All Black-sen­ter Aa­ron Mau­ger is aan­ge­stel as die nu­we hoof­af­rig­ter van die O­ta­go High­lan­ders.

Mau­ger, wat van 2001 tot 2007 46 keer vir die All Blacks uit­ge­draf het, se nu­we kon­trak van drie jaar is va­n­af 2018 gel­dig.

Hy is vroe­ër van­jaar as die High­lan­ders se hulp­af­rig­ter aan­ge­stel na­dat Lei­ces­ter Ti­gers hom die trek­pas ge­gee het. Hy neem die lei­sels by To­ny Bro­wn oor.

Mark Ham­mett, ’n voor­ma­li­ge hoof­af­rig­ter van die Hur­ri­ca­nes, Clar­ke Der­mo­dy en Jon P­re­ston bly al­mal aan as hulp­af­rig­ters. Die fran­chi­se is steeds op soek na ’n nu­we ver­de­di­gings­af­rig­ter na­dat S­cott M­cLe­od hom by die All Blacks aan­ge­sluit het.

“Ons het die pro­ses om ’n nu­we hoof­af­rig­ter aan te stel met twee goeie kan­di­da­te be­gin na­dat ons Mark en Aa­ron reeds vir vol­gen­de jaar ge­kon­trak­teer het,” sê Ro­ger Clark, die High­lan­ders se uit­voe­ren­de hoof.

“Al­bei het er­va­ring as hoof­af­rig­ters en is ge­re­ken­de lei­ers.

“Ons kan sien dat al­bei groot in­sae gaan hê in die rig­ting wat die span oor die vol­gen­de paar jaar in­slaan en Aa­ron se aan­stel­ling as hoof­af­rig­ter weer­spie­ël ons ge­loof dat hy die bes­te ge­plaas is om die span se ont­wik­ke­ling te lei.”

Die High­lan­ders is in die kwart­eind­stryd van die Su­per­rug­by­reeks deur die Cru­sa­ders uit­ge­boen­der.

“Die High­lan­ders het ’n ge­ves­tig­de grond­slag van goeie nor­me en waar­des en ’n kul­tuur van een­heid,” sê Mau­ger.

“K­re­diet moet ge­gee word aan die­ge­ne wat so hard ge­werk het om ’n om­ge­wing te ves­tig wat men­se in staat stel om hul stem­pel af te druk.”

Fo­to: GETTY IMAGES

Aa­ron Mau­ger is die nu­we hoof­af­rig­ter van die High­lan­ders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.